Sy het haar nuwe liefde, Ryno Olivier (29), in die sosiale media ontmoet.

"Hy was braaf genoeg om my op Instagram 'n boodskap te stuur en op 'n date in Kaapstad te vra," vertel die aktrise, wat bes bekend is as die verpleegster Karli in die hospitaaldramareeks Binnelanders.

Volgens Pascal was sy dadelik aangetrokke tot Ryno, soveel so dat hulle nou al drie maande 'n paartjie is.  

pascal pienaar,ryno olivier
Pascal en Ryno is al drie maande 'n paartjie. Foto: Verskaf

Hulle deel dieselfde passies, vertel sy. 

“Ons albei hou van die natuur en hy steun my en die dinge wat vir my belangrik is,” laat sy hoor. 

Dié twee het byvoorbeeld op Oujaarsdag klimaatsverandering ’n bloedneus gegee toe hulle spekbome in die warm Limpopo-son geplant het. 

“Ons hou van avonture, die see en berge," vertel Pascal. "Hy is baie sportief en ek hou daarvan om saam hom trial runs te doen en myself uit te daag.”


“Hy is ook ’n kind van die Here, het ’n mooi hart en is mal oor my.” 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebook  en teken gerus in op ons nuusbriewe.