Foto: Verskaf/Instagram
Akker van der Merwe en sy vrou, Angie, met hul eersteling, Anrich. Foto: Verskaf/Instagram

Akker en sy vrou, Angie, het onlangs in die sosiale media bekendgemaak sy is swanger met hul tweede kind. Hul eersteling, Anrich, word in Januarie drie jaar oud. 

Die gesin woon sedert Julie 2019 in Manchester, Engeland, waar Akker vir die Sale Sharks speel. 

“Bevorder tot ouboet. Opgewonde om aan te kondig dat ons nog ’n familielid in April 2021 verwelkom,” het Akker (29) op Instagram geskryf by ’n foto van ’n opgewonde klein Anrich. 

View this post on Instagram

Promoted to big brother Roar ?? Excited to announce we will be welcoming another family member April 2021

A post shared by Akker Van Der Merwe (@akkervandermerwe) on


Akker en Angie is in Januarie 2019 getroud. 

“Anrich verstaan nie regtig die feit dat daar ’n baba in my maag is nie, so hopelik sal hy opgewonde wees wanneer die baba hier is,” vertel Angie (27) aan Huisgenoot

Sy is nou 14 weke swanger. Tot dusver gaan dit taamlik goed met haar swangerskap, vertel Angie. 

“Ek is baie sieker met hierdie swangerskap en my rug is ook seerder as met my eerste swangerskap, maar ek het darem meer energie en ek kan meer eet,” vertel sy. Die paartjie het besluit om nie voor die tyd die geslag van hul baba uit te vind nie. 

Die van der Merwe-gesin woon sedert 2019 in Manche
Akker en sy gesin woon sedert 2019 in Manchester in Engeland. Foto: Verskaf

“Dit maak dit net soveel meer spesiaal aangesien ons niks hierdie kant kan vier as gevolg van covid-19 nie.”

Hul nuwe tuiste is baie mooi, vertel Angie, en hulle geniet dit om Manchester te verken. “Die gebied waar ons woon is my gunsteling, want dis weg van die stad. Ons bly op ’n plaas, so Anrich kan die plaasdiere gaan voer net wanneer hy wil. En natuurlik is ek mal oor die parke wat naby aan ons is. Dis onbeskryflik mooi.”

Die gesin geniet dit om hul nuwe tuiste te verken.
Die gesin geniet dit om hul nuwe tuiste te verken. Foto: Verskaf

Tog verlang Angie na Suid-Afrika. “Ons mis dit om Afrikaans te kan praat met mense en die vriendelikheid van Suid-Afrikaners. En natuurlik om naby ons familie te wees.

“Die leefstyl hier is baie anders. Dis vir ons lekker om rond te stap sonder om onveilig te voel. En hier benodig jy nie ’n kar nie, want jy kan die treine gebruik of net stap waar jy wil wees. Dis vreeslik lekker,” laat Angie hoor.