Aenea het deesdae haar eie YouTube-kanaal vir kinders. "Dit het begin as ’n kanaal oor speelgoed oopmaak," vertel Cindy aan Huisgenoot. Haar dogter was gaande oor sulke video’s.

"Sy kyk glad video’s in haar TV-tyd. Kinders kyk nie meer televisie nie," sê Cindy. Maar deesdae is haar dogter se YouTube-kanaal, Aenea’s Adventures, meer as dit, sê sy.

"Dis nou meer ’n werklikheidsreeks oor dele van haar lewe soos om die plaas te besoek, vlieg en die lughawe, Monopoly speel en nuwe plekke besoek," sê Cindy. Sy en haar man, Clive Roberts, het ook ’n sewejarige seuntjie, Ethan.

 Aenae
Aenea het deesdae haar eie YouTube-kanaal vir kinders. Foto: Verskaf

Die idee is om haar avonture met kykers te deel, van die speelgoed te koop, vlieg en die hoenders op die plaas te voer en mooi uitrustings aan te pas en geskenke oop te maak, sê Cindy.

"Dis regtig ’n groot verskeidenheid onderwerpe."

Vir Cindy gaan dit nie oor hoeveel mense haar dogter se video’s aanlyn kyk nie. "Dis meer belangrik dat sy pret het," sê Cindy.

Maar sy noem: "Mense kan haar gerus volg en kyk wat sy als doen. Sy is regtig oulik om dop te hou".

"Sy is ’n soet, snaakse klein meisie en wil ’n entertainer wees; dis dus duidelik dat sy die kollig en die verhoog geniet," sê Cindy. Tog is sy "nie gaande vir haar om ’n modelloopbaan eendag moet hê nie", sê Cindy. 

 Aenae en haar boetie
Die twee het 'n hegte band. Foto: Verskaf

Om haar eie kanaal te begin was Aenea’s se idee, sê Cindy.

“Sy kyk YouTube en het my op televisie gesien en het toe gesê sy wil haar eie YouTube-kanaal begin.” Cindy het eers gedink sy sou van dié idee vergeet het, maar sy het later besluit om haar te help om die kanaal te begin.

Cindy en Aenae
Om haar eie kanaal te begin, was Aenea’s se idee verklap Cindy. Foto: Verskaf

Aenea se gunstelingvideo op haar kanaal is die een waar sy hoenders voer tydens ’n gesinsuitstappie. "Dis ’n baie lekker moderne album van al die cool dinge wat sy doen as ’n kind waarop sy later kan terugkyk en kan deel," sê Cindy, wat deesdae haar lyf sakevrou hou. 

"Aenea is die soort kind wat enigiets wil wees en vandag se kinders wil nie net een ding wees nie. Sy wil 'n sangeres, danser, performer, skoonheidskoningin, sakevrou en pediater wees," sê Cindy. "En wie weet met dié dat jy tot 120 kan leef, kan jy nie als in hierdie nuwe wêreld wees nie."