Sue het op haar Instagram-profiel foto's gedeel van haar en JP se avonture in verskeie Amerikaanse stede. 

View this post on Instagram

The city that never sleeps.. ????????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

Hulle het al ’n draai gemaak in die deelstaat Kalifornië waar hulle Hollywood en Santa Monica besoek het.

View this post on Instagram

That Cali life.. ?? Made me miss Cape Town ??????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

Die egpaar, wat in Kaapstad woon, het ook gesig gewys in Las Vegas, waar Sue foto's gedeel het van hul besoek aan van die stad se bekendste besienswaardighede. 

View this post on Instagram

Evening strolls.. ????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

"Uitstappies saans," het Sue geskryf by ’n foto van haar wat deur helder straatligte in 'n Hollywoodse straat omring is. 

Die ma van twee het ook foto's gedeel van haar en JP by Caesars Palace in Las Vegas, asook die bekende Bellagio Hotel. 

"Geniet net hierdie oomblik, want binnekort is ek weer in ’n sweetpakbroek en 'n ma-bolla," skryf Sue by ’n foto van haar voor ’n fontein by Caesars Palace. 

Sue het verlede jaar aan Huisgenoot vertel dat sy fiks bly deur waar moontlik gesond te probeer eet en dat sy ook spinning geniet. 

"Benewens dit dink ek om heeldag agter twee kinders aan te hardloop tel as ’n oefensessie," het sy laat hoor. 

Sue en JP is al agt jaar lank getroud en is die ouers van twee dogtertjies, Isabella (4), en Alexa-Rose (1).

Sue het vroeër vanjaar ’n foto op Instagram gedeel van hul oudste dogter, Isabella, se eerste skooldag. 

View this post on Instagram

First day of school ????????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

JP, wat in Julie verlede jaar uit krieket uitgetree het, het ook op sy Instagram-profiel ’n foto van die paar saam met die Amerikaanse pastoor en motiveringspreker Louie Giglio in Atlanta in die deelstaat Georgia gedeel. 

"Atlanta het ons oorgewen. Dankie @britterella @shelleygiglio @louiegiglio @jonesbrad10 dat julle my en @sueduminy ontvang het. Dankie vir jul gawe en vrygewige harte. Ons is lief vir julle," skryf die voormalige Cobras-ster by ’n foto van hom en Sue saam met Louie.