JP se vrou, Sue, het vir haar dogter ’n lieflike boodskap op Instagram gedeel. 

“Gelukkige verjaardag my pragtige dogtertjie. Dit is die mees lewensveranderende ervaring om hierdie klein mensie te sien ontwikkel in so ’n beeldskone, gawe en grasieuse mens. My liefde vir jou is oneindig. Mag God jou altyd lief hê,” het Sue by ’n reeks foto’s geskryf, waaronder een van haar en JP in die hospitaal net ná Isabella se geboorte in 2015.

Die paartjie het ook ’n tweejarige dogtertjie, Alexa-Rose.

Pa JP het ook in die sosiale media gekoer oor sy skattige oudste spruit op haar verjaardag. 

“Die seëning van ouerskap is soms moeilik om te verduidelik, die hoeveelheid vreugde, liefde en geluk wat jou kinders in jou lewe bring is onverstaanbaar. Dankie Vader dat ons hierdie beeldskone, lewenslustige, Godvresende jong dogter kan grootmaak. Mag ons aanhou om haar te lei op ’n manier wat U eer en volg," skryf JP.

“Sjoe, vyf jaar oud vandag, gelukkige verjaardag my prinses,” het die krieketheld op Instagram laat hoor. 

Sue het ook later oulike foto’s gedeel van die intieme partytjie wat hulle vir Bella by hul huis in Kaapstad gehou het.  

View this post on Instagram

What a beautiful day ??????????????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

“Ons was sommer net by die huis en het ’n braai gehou met ons naaste familie en vriende. Bella wou alles rainbows and unicorns hê, so die huis was helder en kleurvol versier,” vertel Sue. 

“Dit was alles baie stemmig en Bella het met alles gehelp. Dit was beslis die hoogtepunt van die dag vir haar.”

Dit was vir haar eintlik baie lekker om so ’n rustige dag met familie te hê aangesien hulle mekaar vir lank nie kon sien nie weens die covid-19-inperking, voeg sy by. "Ons het net alles wat ons kon kry gebruik om die koek te versier, sommer met goed uit Bella se speelkamer. Niks was perfek en tot op die fynste detail beplan nie. Dit was alles net in die oomblik gedoen en dit is wat dit meer spesiaal maak,” sê Sue.

“Baie mammas stres geweldig wanneer dit by hul kinders se verjaardagpartytjies kom, en om dit so te doen het die druk van my afgehaal.

“Ons kon almal net ontspan en onsself geniet.”