Die snelbouler se Australiese vrou, Roz Kelly, het die blye nuus op Instagram met twee pragtige foto’s aangekondig. 

Dit lyk of ouboet Arias, wat onlangs drie jaar oud geword het, ook sy bababoetie se koms geweldig geniet. In die eerste foto wat Roz met haar volgelinge gedeel het, lê die groot mannetjie en hou sy piepklein boetjie se handjie te skattig vas.

View this post on Instagram

Life with Leo ??

A post shared by Roz Kelly (@life.of.roz) on

In ’n foto waar die baba snoesig teen ma Roz se bors lê, verklap sy die oulike seuntjie se naam, en skryf: “Lewe met Leo”. 

Die joernalis het ook gereeld swangerskapfoto's met haar volgelinge op Instagram gedeel en mens hoef nie ver te soek om te sien hoe baie sy en haar man dit geniet om tyd met hul Arias te spandeer nie. En nou is daar nog ’n seuntjie wat die aandag gaan waardeer. 

Die snelbouler het aan die einde van Februarie 2018 sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig.

“Dit was ’n geweldig moeilike besluit, maar ek voel dit is nou die regte tyd om ’n nuwe hoofstuk te begin,” het Morné destyds verduidelik. Hy het ook gesê dat hy sy “jong gesin” en vrou eerste moet stel, en dat hulle vorentoe baat sal vind by dié besluit.