En nou het die sangeres Pink sommer besluit om heeltemal ontslae te raak van haar haredos.

Die "Love Me Anyway"-sangeres het gister 'n foto op Instagram gedeel en haar pasgeskeerde kop vir haar 7,3 miljoen Instagram-volgelinge gewys.

"Laat gaan," het Pink (40) by die foto geskryf waar sy afkyk en met van haar afgeskeerde hare in haar hande sit.

View this post on Instagram

Letting Go

A post shared by P!NK (@pink) on

Pink het ook op haar Instagram Stories 'n foto gedeel van hoe die hare in die salon gewaai het.

So het die hare op Pink se Instagram Stories gewaa
So het die hare op Pink se Instagram Stories gewaai.


People het berig dat Pink se dramatiese haarverandering plaasgevind het drie maande nadat haar dogter, Willow Sage (8), die een kant van haar kop geskeer het in nabootsing van haar beroemde ma.

Pink se man, Carey Hart (44), het 'n foto op Instagram van Willow in die haarkapper se stoel gedeel.

View this post on Instagram

Love ??

A post shared by P!NK (@pink) on

"Lief vir my punk rock dogter," het Carey by die foto geskryf. "Dis beter om jouself te wees."

Die "Walk Me Home"-sangeres het nog by verlede maand se People's Choice-toekennings met 'n silwerblonde haarstyl gespog.

Pink het ook by vanjaar se Country Music Awards aan Entertainment Tonight vertel dat sy in 2020 'n blaaskans gaan vat en op haar gesin fokus.

Pink en Carey is al 13 jaar getroud en behalwe Willow is hulle die ouers van 'n tweejarige seun, Jameson.

"Ons het twee en 'n half jaar [se musiek] gedoen. Willow is nou terug by die skool en Jameson gaan binnekort kleuterskool toe. Dis soort van 'n jaar vir die familie. Carey het my regoor die wêreld gevolg en dis nou sy beurt," het Pink gesê.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.