Rebel Wilson – wat dié borrelende, oordadige karakter in die Pitch Perfect-flieks gespeel het – het ’n oormaaksessie gehad en onlangs op ’n sensuele foto met haar slanker lyf gespog.

Op die Instagram-foto kyk die 39-jarige aktrise weg van die kamera met haar bates wat in ’n laaggesnyde rooi toppie beklemtoon word en sy dra ’n klassieke sonbril.

View this post on Instagram

??

A post shared by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Die inskrywing kom nadat die ster, wie se jongste fliek JoJo Rabbit vir ’n Oscar benoem is, onderneem het om vanjaar op haar gesondheid te fokus.

Sy het by nog ’n foto wat ’n paar dae tevore gedeel is, vertel sy gaan “positiewe veranderinge” aan haar leefstyl in 2020 maak. Sy het in ’n swart spanbroek en wit oefentop poseer en haar planne gedeel.

“Vir my gaan 2020 die jaar van gesondheid wees. Ek het die oefenklere aangetrek en gaan stap en hidreer nou op die rusbank. Ek probeer suiker en gemorskos vermy, wat moeilik gaan wees ná die vakansie wat ek gehad het, maar ek gaan dit doen! Wie is saam met my en beplan om vanjaar positiewe veranderinge te maak?”

Haar sewe miljoen aanhangers het haar geloof en gesê sy “lyk reeds fantasties”.

Die Australiër het onlangs die nuus gehaal vir haar bydrae tot die verligting van die veldbrande in haar tuisland – sy het ’n middagete vir twee mense saam met haar by haar huis in Sydney opgeveil.

Bronne: Daily Mail, Instagram