“Eli-zé en NJ verjaar 11 dae uitmekaar uit so ek sal aanhou om hulle partytjies saam te hou tot hulle begin protesteer,” het sy op Facebook geskryf en die mooiste foto’s van die kleurvolle geleentheid gedeel.

Die tema vir die partytjie was “Unicorns and Helicopters”.

Eli-zé, wat haar vierde verjaarsdag op 20 Februarie gevier het, het die mooiste eenhoring-koek gehad en haar partytjietafel het gekreun onder pienk, pers en wit lekkers. 

NJ, wat op 3 Maart twee jaar oud word, se seuntjie-tafel was weer die ene blou, geel en groen met die mooiste koek met ’n helikopter op. 

Elizma het ook by elke kind se tafel ’n plakkaat gehad wat ’n bietjie meer oor haar kinders se voorliefdes en persoonlikhede verklap.

So is NJ glo mal oor die fliek Madagascar en is hy glad nie gaande daaroor om skoene te dra nie. 

Eli-zé is weer ’n aanhanger van die fliek Ballerina en is mal oor sjokolade kolwyntjies.

Daar was ook verskillende “stalletjies” waar die verjaardagmaatjies eetgoed soos spookasem, oftewel “wolkies”, “poppers” (springmielies) of “towerys” (yskoeldrank) kon geniet.

As ’n mens na die mooi foto’s kyk, is dit duidelik Elizma en haar man, Nico, ’n helikopter-vlieënier, het vir die kinders ’n kinder-droomland geskep om hul verjaardae te herdenk. 

"Julle maak my en pappa elke dag so trots," was Elizma se boodskap aan haar twee kinders.