Boer Albert Smit en sy nooi, Chanté, met sonsondergang in die Cederberge.
Boer Albert Smit en sy nooi, Chanté, met sonsondergang in die Cederberge. Foto: Anna Photography

Boer Albert Smit van Boer soek ’n vrou-faam se nuwe nooi, Chanté Kruger, straal tydens ’n fotosessie tydens sonsondergang waar die skilderagtige Cederberge die prentjie afrond. 

“Dit was so lekker,” vertel Albert oor die aand toe hulle die foto's geneem het. “Die weer het so goed saamgewerk en dit was windstil.”

'n Speelse oomblik tussen die paartjie. Foto: Anna Photography

Die fotograaf Ansie Zanie Nel van Anna Photography het hom ’n ruk gelede genader en gevra of sy van hom en Chanté kan foto’s neem en die geleentheid het hom onlangs voorgedoen. Hulle het dit buite Clanwilliam op die Pakhuispas geneem. 

Sy suster Annamie Smit wat deesdae sy sosiale media vir hom behartig, het saam gegaan en ’n paar video’s agter die skerms geneem. 

Albert en Chanté geniet die nuwe avontuur waarop h
Albert en Chanté geniet die nuwe avontuur waarop hulle is. Foto: Anna Photography

“Ons moes oor ’n draad klim om daar uit te kom,” vertel Albert. “Chanté het sommer so maklik oorgeklim en dis toe die fotograaf sê: '’n Meisie wat so oor ’n draad spring, kan maar plaas toe gaan!'”

Albert lag uitbundig toe hy aan die oomblik terugdink.

Chanté, ’n rekeningkundige van beroep, was een die vyf meisies wat Albert tydens die blitsafsprake van die afgelope seisoen van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou beter leer ken het.

Tog was sy nie een van die drie wat hy gekies het om saam met hom te gaan kuier op die familieplaas buite Clanwilliam waar hulle met rooibostee boer nie.

Sy het toe nog in Gauteng gewoon, en toe Albert uitvind dat sy ná afloop van die seisoen Kaap toe trek, het hulle begin gesels en vandag koer hulle al te liefies vir mekaar.

  

Albert sê sedert die program verby is, blom die liefde tussen hom en Chanté soveel meer. “Dit is lekker om niks meer weg te steek nie. Ons kan op die strand loop en hande vashou en as iemand vir ’n foto saam met ons vra, kan ons een neem. 

Hulle het groot pret gehad tydens die fotonemery.
Hulle het groot pret gehad tydens die fotonemery. Foto: Anna Photography

“Dis hartseer dat alles verby is, maar dit is ook baie lekker.”

Hulle liefde blom nou meer as ooit en hulle is baie gelukkig, sê Albert. Foto: Anna Photography

Intussen hou hulle hulself besig met allerhande opwindende uitstappies. Hulle was die afgelope naweek by ’n sportbyeenkoms tussen Nieuwoudtville en Loeriesfontein waar Chanté aan die 12 km wedloop en Albert aan die 40 km fietswedren deelgeneem het. Chanté het eerste gekom in haar afdeling en Albert tweede in syne. 

Albert en Chanté het nie op die tradisionele Boer
Albert en Chanté het nie op die tradisionele 'Boer soek 'n vrou'-manier by mekaar gekom nie, maar is dolgelukkig. Foto: Anna Photography

Hulle is tans op pad om by haar ouers in Rustenburg te gaan kuier.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe