Tydens sy besoek Woensdag aan die YMCA South Ealing-sentrum in Londen het prins Harry aan ’n balletklas vol vier- tot sesjariges deelgeneem, berig Cosmopolitan.

Dié sentrum bied klasse en aktiwiteite vir kinders en volwassenes aan. 

Op die oulike foto’s probeer die hertog van Sussex, wat in April sy eerste kind by Meghan verwag, saam met die gretige kinders op een been balanseer. 

Harry het die YMCA as deel van sy werk met die veldtog Heads Together besoek om aan ’n gesprek oor geestesgesondheid deel te neem, berig People

“Daar is voortdurend groot vordering in die verbreking van die stigma rondom geestesgesondheid, maar kom ons hou aan om die gesprek te normaliseer,” het die prins gesê.

“Kom ons herinner mekaar dat dit oukei is om nie oukei te wees nie, en om na mekaar te luister.”

“Hoe ons dink bepaal immers hoe ons optree, hoe ons voel, en hoe ons onsself en diegene om ons behandel.” 

Meghan se goeie vriendin Serena Williams het onlangs in ’n onderhoud gesê sy dink die hertogin sal goed met moederskap vaar, berig E Online.

“Sy sal beslis die beste ma wees,” het Serena gesê. 

Bronne: Cosmopolitan, People, E Online