En agt jaar en drie kinders later is ons net nog so versot op die pragtige koninklike paartjie wat vandag hul huweliksherdeking vier.

Aanhangers was onlangs geskok met gerugte dat die paartjie op skei staan! Maar dit was toe al die tyd ongegronde skindernuus en ons gunsteling-paartjie se paadjies gaan beslis nie skei nie.

Om die hertog en hertogin se spesiale dag te vier, het Buckinghampaelis foto’s van hul troue in 2011 op hul amptelike Instagram blad gedeel.

View this post on Instagram

?? 8 years ago today — thank you for your lovely messages on The Duke and Duchess of Cambridge’s wedding anniversary! ??PA

A post shared by Kensington Palace (@kensingtonroyal) on

Die twee het huweliksbeloftes by Westminster-abdy uitgeruil voor hulle ’n soen voor duisende aanhangers op die balkon by Buckinghampaleis gedeel het.

Kate (37) was beeldskoon in ’n rok deur Sarah Burton, kreatiewe direkteur van die luukse modehuis Alexander McQueen, en William (36) het sy militêre uniform op sy groot dag gedra, berig Daily Mail.

Dit was een van die grootste geleenthede in Engeland se geskiedenis en is gevolg deur tienmiljoene regoor die wêreld, insluitende 72 miljoen stroomdienste op YouTube.

Meer as 5 000 straatpartytjie is regoor Engeland gehou, en een miljoen mense het die roete tussen Westminster-abdy en Buckinghampaleis uitgevoer.

Prins William en Kate Middleton in 2010 op die dag
Prins William en Kate Middleton in 2010 op die dag wat hulle verloof geraak het. Foto: Getty Images

Die koste van die geleentheid was destyds glo sowat R260,7 miljoen, wat deur die koninklike familie en die Middletons gedek is.

Vandag is die paartjie, wat in 2001 ontmoet het toe hulle by die Universiteit van St. Andrews studeer het, die trotse ouers van drie kinders – prins George (5), prinses Charlotte (3) en die eenjarige prins Louis.

Toe hy terugdink aan toe hulle die eerste keer as studente ontmoet het in ’n onderhoud met ITV News kort ná hul verlowing se aankondiging, het William gesê: “Ons was eers vir meer as ’n jaar lank vriende en dit het soort van vandaar geblom.

Prins William en Kate Middleton by die universitei
Prins William en Kate Middleton by die universiteit van St Andrew's in Skotland in 2005 op die dag van hul gradeplegtigheid. Foto: The Middleton Family/Clarence House via GettyImages)

“Ons het meer tyd saam deurgebring, lekker saam gelag en baie pret gehad en besef ons het dieselfde belangstellings en ’n lekker tydjie saam.”

“Ek het eintlik bloedrooi gebloos toe ek jou ontmoet en soort van weggeskarrel, en was baie skaam toe ek jou ontmoet het,” het Kate gesê.

“Dit het ’n rukkie geneem om mekaar te leer ken, maar ons was vroeg reeds baie goeie vriende.”

En mag daardie vriendskap lank voortleef!

Bronne: Instagram, Daily Mail, Hello Magazine