Charlene (40) het drie foto's op Instagram gedeel van haar en prins Albert (60) se kroos in hul uniforms. 

"Eerste dag van skool," het sy by die foto geskryf.

View this post on Instagram

First day of school

A post shared by HSH Princess Charlene (@hshprincesscharlene) on

Op een foto lyk dit asof klein Gabriella haar broer omhels en dan stap hulle alte lekker sy aan sy. 

Charlene het vroeër aan die Franse tydskrif Point de Vue gesê dat klein Jacques baie terughoudend is. "Hy is seker van homself, maar kyk eers die kat goed uit die boom en niemand kan hom dwing om iets te doen nie."

Maar klein Gabriella is blykbaar die teenoorgestelde. 

"Gabriella is bang vir niks. Met haar is dit altyd volstoom vorentoe," vertel sy verder. 

In ’n onderhoud met Huisgenoot vroeër vanjaar het Charlene gesê haar kinders is kop in een mus.

"Hulle is nader aan mekaar as wat ons ooit gedink het hulle sou wees. Jacques is die liefde van Gabriella se lewe. Nie ek of Albert kan tussen hulle kom nie," het sy aan Huisgenoot vertel. 

En as ons so na die foto's kyk wat Charlene gereeld plaas, lyk dit of die twee sommer baie goed oor die weg kom. 

View this post on Instagram

Happy Feet ????

A post shared by HSH Princess Charlene (@hshprincesscharlene) on

View this post on Instagram

Happy Birthday Daddy

A post shared by HSH Princess Charlene (@hshprincesscharlene) on

View this post on Instagram

??

A post shared by HSH Princess Charlene (@hshprincesscharlene) on

View this post on Instagram

Our First Haircut. Photos by HSH Princess Charlene

A post shared by HSH Princess Charlene (@hshprincesscharlene) on