KYK: Protea-kaptein Faf du Plessis en gesin se heerlike oorsese vakansie

akkreditasie
Faf du Plessis en sy dogtertjie Amélie. Foto: Instagram/@fafdup
Faf du Plessis en sy dogtertjie Amélie. Foto: Instagram/@fafdup
Die Protea-kaptein, Faf du Plessis, moet gereeld oor sy krieketverpligtings die wêreld vol reis. Maar wanneer hy nie op die krieketveld is nie, is dit duidelik dat hy dit geniet om saam met sy vrou, Imari, en hul 2-jarige dogtertjie, Amélie, die wêreld vol te rits.

Die gesin het dié keer eers ’n draai  in Londen gemaak voor hulle in die prentjiemooi Griekeland uitgespan het. 

Faf, wat in 2013 op Stellenbosch met Imari getroud is, het foto’s van hul wegbreek met sy 1 miljoen Instagram-volgelinge gedeel. 

“My eerste dag en ek is reeds verlief op die plek,” het hy laat hoor.

View this post on Instagram

Ok, where am I? Use emojis to guess...

A post shared by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

Imari het ook ’n inskrywing gedeel en geskryf as sy die tyd kon terugdraai, het sy haar wittebrood op die prentjiemooi Griekse eiland Santorini gevier. 

“Die romanse in die lug is tasbaar. As ek die tyd kon terugdraai, sou dit die wittebroodsbestemming van my keuse gewees het. Jy verdwaal in die skilderagtige stegies vol blink liggies. 'n Serenade sing onder die bougainvilleas in geplaveide klipweë. Jy word verras deur die speelse seebriesie wat jou hoed waai oor die paaie wat jy nog moet ontdek, waar jy dan kennis maak met 'n vriendelike reisiger op dieselfde reis. Jy word meegevoer deur die argitektuur, die blou oseaan en die omgewing wat jy te voet verken. Dit voel of jy jou in 'n ander wêreld bevind. ’n Eenvoudiger tyd wat agter bly, maar met ’n skoonheid en gevoel wat nie nageboots kan word nie,” skryf sy.

Dit lyk asof die glanspaar se tweejarige dogtertjie, Amélie, die gesinsvakansie net so geniet. “Sy wil self die trap klim,” het Imari laat hoor. Griekeland is bekend as 'n land van stelle en stelle trappe.

View this post on Instagram

Follow me little girl, your mama knows places ??

A post shared by Imari Du Plessis (@imagesbyimari) on

Dis nie klein Amélie se eerste vakansie oorsee nie. Amélie was net 11 maande oud toe die gesin in Bali gaan vakansie hou het. 

Wanneer Faf en Imari nie branderplank gery het nie, het hulle die wit strande verken en smullekker etes geniet. 

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees