Nie eens ’n wêreldwye pandemie of ’n onbepaalde inperking kon die Australiese aktrise van stryk bring nie. Die ster van Cats het Instagram ingespan om foto’s te deel van haar staptog na die Barrenjoey-vuurtoring in Palm Beach, Australië.

En sy lyk ongelooflik! 

View this post on Instagram

Closer each day... ??

A post shared by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Rebel, geklee in ’n poeierblou uitrusting van die handelsnaam Gymshark, het saam met haar vriendin Hayden poseer.

Die 40-jarige aktrise het 18 kg afgeskud sedert sy met haar gewigsverliesprogram begin het, berig die Daily Mail.

Dis alles te danke aan die Mayr Method-dieetplan.

“Dis ’n benadering wat voedselonverdraagsaamheid uitskakel, suiker verlaag, die stadige inname van onverwerkte voedsel aanmoedig, die immuunstelsel ’n hupstoot gee en inflammasie verminder,” vertel ’n ingeligte bron.

“Sy oefen tot ses keer per week saam met ’n persoonlike afrigter, gaan vir wandelings en probeer om haar proteïne-inname met behulp van haar dieet te verhoog.”

View this post on Instagram

Fight club! With Jessie & @amycastano ?? #Legends

A post shared by Rebel Wilson (@rebelwilson) on

Rebel het in Mei onthul dat 75 kg haar teikengewig is. Maar volgens een van haar vriendinne behels haar jaar van gesond leef meer as om net ongewenste kilogramme af te skud.

“Haar gesondheidsreis gaan meer oor hoe sy voel as oor die fisieke voordele,” het die bron aan People gesê. 

rebel wilson
Foto: Gallo Images/Getty Images

“Sy het, soos jy op haar sexier Instagram-foto's kan sien, meer energie en meer selfvertroue. Sy het ook pret met nuwe mode- en skoonheidsvoorkomste.” 

Bronne: News.com.au, Daily Mail, People