“'n Bietjie meer as 'n week oud. Dankbaar vir God se goedheid, het sy geskryf by 'n foto waar sy haar nuweling koester. 

View this post on Instagram

N bietjie meer as ‘n week oud. Dankbaar vir God se goedheid. ????

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Riana (38) en haar man, Cornel de Beer (36), is reeds die trotse ouers van twee woelwaters, Tristian (4) en Sebastian (2).

Eers het hulle gedink dis ’n dogtertjie wat op pad is, maar kort voor lank was die sekerheid daar: ’n derde seuntjie vir die egpaar.

“Ek ken seuns en verstaan hulle so ’n klein bietjie,” het Riana onlangs in ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot gesê.

“Ek was nie die grootste girly girl op skool nie en het altyd ’n klomp seunspelle gehad. Daar is darem baie snaakse stories oor hoe ’n mens ’n kind se geslag kan probeer manipuleer, maar my leuse is altyd: Laat U wil geskied,” sê die diep gelowige ster.

“Ek wonder of ’n mens ooit genoeg woorde sal hê om te beskryf hoe dit voel. Vir my is dit eenvoudig ongelooflik. Ek is op ’n plek in my lewe waar dinge van voorheen nie meer so belangrik is nie”, het die donkerkopsangeres destyds aan Huisgenoot vertel met die geboorte van haar tweede seun.  

“Goeie dinge kom met tyd.”

Sy praat uit ervaring, want dit het destyds vir haar gevoel of sy ’n ewigheid vir haar trouman wag.

“Maar toe ons mekaar ontmoet, was daar geen onsekerheid nie,” vertel sy oor hul blitsromanse.

Riana was 30 toe sy en Cornel, ’n rekenaarprogrammeerder, mekaar in 2012 op die Innibos-kunstefees ontmoet het.

Hulle is minder as ’n jaar later in April 2013 getroud.

Sy hoop om eendag soveel moontlik van haar man se eienskappe in haar seuns te sien.

“Hy’s die soort pa wat enige kind verdien. Hy stel homself nooit eerste nie.”

’n Swanger Riana en daardie musiekvideo

“Ewigheid” is die derde enkelsnit van Riana se jongste album, Sterker, wat van einde verlede jaar op die rakke is. Fliekgangers kan dié liedjie in Huisgenoot, kykNET en The Film Factory se fliek, Vergeet my nie, hoor.

View this post on Instagram

Jip????‍?? #33weke ????

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Riana was sowat 33 weke swanger toe die musiekvideo verfilm is. Sy het gevoel “Ewigheid”, ’n snit op haar jongste CD, Sterker, is “die perfekte liedjie” vir die klankbaan.

“Dit was vreemd om so hoogswanger te wees en ’n musiekvideo te skiet. ’n Mens raak omtrent uitasem,” vertel sy.

“Ek kon beswaarlik asemhaal en het glad nie sexy gevoel nie. Ons het my maag probeer mis skiet, en in ’n stadium het ek maar plat skoene aangetrek.”

Die lirieke se boodskap is dat dit belangrik is om vir die regte mens in jou lewe te wag, “al voel dit soms soos ’n ewigheid”, verduidelik sy.

“Met die ‘regte een’ bedoel ek iemand wat jou hart laat klop en die vuur laat brand. Iemand wat die Here liefhet, jou soos iemand kosbaars hanteer en jou laat lag.”

Baie geluk, Riana!

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.