“Dit was ’n tropiese eiland-tema, maar meer soos tropies met donderweer met die reën die afgelope naweek,” spot die sangeres. 

View this post on Instagram

Dankie @claricepieterse en @mariana.vdmerwe julle is te goed vir my! ????????

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Sy is tans swanger met haar en haar man, Cornel de Beer, ’n sagteware-ingenieur, se derde kind. Die paartjie het alreeds twee seuntjies Tristian en Sebastian wat sy verkies om uit die kollig te hou. 

View this post on Instagram

Hierdie ou verdien ‘n prys met al die hormone wat sy kant toe gevlieg het die naweek. ????‍??????????‍????

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Riana se aanhangers was verbaas toe sy in November verlede jaar ’n foto van haar groeiende bababoep op Instagram deel wat verklap dat daar inderdaad nog ’n pienkvoet op pad is. 

Nou kan sy en haar man nie meer wag om hul klein bondeltjie te ontmoet wie se geslag hulle vir eers nie wil verklap nie. 

“Ons lag altyd, want ons sal tien kinders vat. Hulle is waarlik ’n seëning van die Here,” sê sy. 

View this post on Instagram

Laaste optrede vanaand????

A post shared by RIANA NEL (@riananelofficial) on

Al het die sangeres hope geskenke ontvang vir die nuwe kleinding, sê sy dit gaan nie juis vir haar daaroor nie. 

“Dit gaan eintlik meer oor die gebed en dat jou vriende saam met jou vertrou vir iets besonders vir elke baba. Dat jou kinders God eerste sal ken en liefhê en vir normale gesonde kindertjies,” sê sy.

“My vriendinne het natuurlik baie die Woord gebring en dis wat ’n babatee vir my belangrik maak. Om seën oor jou swangerskap te spreek en lewe in Jesus naam,” voeg sy by. 

Op die vraag oor wat haar derde babatee anders gemaak het as die vorige twee, sê sy: “Ek sou sê elke babatee is soos elke baba. Niks is ooit dieselfde nie en mens word altyd onkant gevang.” 

“Ek leer om God te vertrou in die onbekende. Ek het baie meer gehuil hierdie keer.” 

Hul kleinding sal na verwagting sy of haar opwagting in middel Maart maak.