Die beeldskone brunet is nou 35 weke swanger en sy en manlief, die sakeman D’niel Strauss, verwag in Februarie hul tweede seuntjie.

Hul oudste kleinding het vanjaar op 6 Januarie sy derde verjaardag gevier.

Rolene het die afgelope feestyd die mooiste foto’s van haar swangerskap in die sosiale media gedeel. 

Talle van die pragfoto’s is in Mosselbaai en Hartenbos geneem.

Die Strauss-egpaar hou elke Desember in dié omgewing vakansie. Boonop het hulle mekaar sewe jaar gelede in Hartenbos ontmoet, en dis ook hier waar D’niel vir Rolene in 2014 die jawoord gevra het. 

Die pragpaartjie vier op 6 Februarie hul vierde huweliksherdenking. Dit gaan omtrent ’n maand vol viering wees met dié dat die nuutste toevoeging tot hul gesin ook dan sy opwagting behoort te maak. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.