“Ons reisbeperkings met die pandemie het daartoe gelei dat ons nou meer plaaslik reis en die uithoeke van Suid-Afrika besoek, wat ons nie gewoonlik sou bereik het nie,” vertel Roxy. 

Roxy Louw geniet dit om buite in die natuur te we
Roxy Louw geniet dit om buite in die natuur te wees. Foto: Verskaf

Dit was vir haar lekker om vroeg op te staan en die sonsopkoms te geniet terwyl sy joga doen met leeus wat in die agtergrond brul. “Dit plaas die lewe regtig in perspektief,” sê sy.

Joga-tyd
Joga-tyd! Foto: Verskaf

Hulle het ook op wildritte gegaan, langs die swembad ontspan, gebraai en hulle in die prentjiemooi sonsondergange in die Bosveld verlustig. “Ek het elke oomblik daarvan geniet,” vertel sy.

Die model wys lyf in ’n swart bikini. Foto: Verskaf
Roxy langs die swembad
Roxy langs die swembad. Foto: Verskaf

Roxy sê om warm klere in te pak het handig te pas gekom. “Die dae was warm, maar die temperatuur het vinnig gedaal.Ek reis met heeltemal te veel goed, maar ek werk daaraan.”

In die bosveld
In die bosveld. Foto: Verskaf

Sy vertel ook opgewonde dat Sam, ’n voormalige Kiwi-rugbyspeler een van die dae musiek vrystel met een van Suid-Afrika se top musikante. “Dit is super opwindend.”

sam barton
Sam Barton. Foto: Verskaf

Roxy se topreiswenke
  1. Onthou jou sonskerm! 
  2. Hou vol met jou velsorgroetine. 
  3. Laat jouself tuis voel waar ook al jy gaan
  4. Neem musiek saam en maak gereeld jou eie maaltye. 
  5. Kyk steeds na jou geestesgesondheid deur fisieke aktiwiteite soos joga te doen. 
  6. Neem ook al jou voedingsaanvullings soos probiotika en vitamiene saam wanneer jy reis sodat jy nie jou liggaam se balans versteur nie en supergesond bly.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.