SON EN SEE

Die gewese Mej. Suid-Afrika Jo-Ann Strauss en haar gesin is stralerjakkers. 

“Ons het al tussen 10 en 20 keer oorsee gereis met die kinders,” vertel Jo-Ann. 

Sy en haar man, prof. Michael Held, ’n ortopediese chirurg, het ’n vyfjarige seun en twee dogters van drie en een jaar. 

jo-ann strauss,mej. sa,kinders
Jo-Ann Strauss se kinders kon nie wag om soggens te gaan swem nie. Foto: Instagram/@jo_annstrauss

Die gesin is dol oor Mauritius en het onlangs in Azuri in die noordooste van die eiland uitgespan. 

“Ons spot altyd dat my eerste reis nadat ek gekraam het na binnelandse sake was om die paspoorte uit te pluis,” sê sy. 

“Ons eerste kind was saam na die Berlynse Modeweek vier maande nadat hy gebore is.”

WERKTYD

Erica Wessels, wat in Oktober die eerste keer ma geword het, het onlangs haar baba, Stella Kato, na ’n jaareindgeselligheid geneem. 

Erica Wessels en Stella Kato. Foto: Instagram/@ericawes

Klein Layla, baba van Werner Coetser en Marijke van der Westhuizen, het onlangs soet by haar pa in die grimeerstoel gesit.

werner coetser,akteur,getroud met rugby
Werner Coetser en klein Layla. Foto: Instagram/@wcoetser

#TWINNING

Wat is nou ouliker as ’n ouer en kind in bypassende uitrustings? Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar tweejarige dogtertjie, Elah, het op Instagramfoto’s alte fraai gelyk in hul eenderse voorskote.

Karlien van Jaarsveld en Elah. Foto: Instagram/@karlienvanjaarsveld

En die TV-aanbieder Nadia Beukes het ’n foto van haar seuntjie, Davey, en sy pa, David de Villiers, gedeel wat ewe pronk in bypassende broeke en hemde en daarby geskryf: “Wanneer superpa David de Villiers vir Davey aantrek.” 

nadia beukes,aktrise,david de villiers
Nadia Beukes se man, David, en Davey. Foto: Instagram/@nadiabeukes

1STE HAARKNIP

Shiloh, die 7de Laner Theodore Jantjies en sy verloofde, Tammy van der Merwe, se 23 maande oue seun, het onlangs sy eerste haarsny gekry. 

Theodore Jantjies en sy verloofde Tammy van der Merwe. Foto: Instagram/@theodore_jantjies

Pa Theo het hom geneem, sê Tammy. “My hart sou gebreek het as ek daar was. Ek hou dan so baie van sy swart krullerige lokke.”

Klein Shiloh. Foto: Instagram/@theodore_jantjies

SPEELTYD

“Ek wil perdjie ry, mamma,” het die gewese Mej. Wêreld Rolene Strauss by dié foto van haar en haar tweejarige seuntjie geskryf. 

rolene strauss,mej.sa, seuntjie
Rolene Strauss en haar tweejarige seuntjie. Foto: Instagram/@rolenestrauss

“Ek onthou hoe ek dit saam met my pa gedoen het en nou het ek my eie kleinding . . . en nog een op pad,” vertel Rolene, wat swanger is met nog ’n seuntjie.

HALLO, HOËRSKOOL

Sean Else se naasoudste seun, Vaughn (13), is op pad hoërskool toe. 

Sean Else en sy seun Vaughn. Foto: Instagram/@else.carla

“Dis vir hom vreemd om te dink hy gaan weer die ‘baba’ in ’n skool wees,” vertel Sean se vrou, Carla. 

Sean se vrou, Carla en hul seun Vaughn. Foto: Instagram/@elsa.carla

“Dis ’n groot jaar,” sê sy. Caylem (15) sien daarna uit om Vaughn by hom op hoërskool te hê, Daniel (6) begin gr. 1 en Noah (4) gaan na ’n nuwe klas by sy speelskool.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.