Die sanger, wat onthou sal word vir liedjies soos Great Heart en Scaterlings Of Africa, is in 2015 met pankreaskanker gediagnoseer. 

Sy jare lange vriend, bestuurder en die Clegg-familiewoordvoerder, Roddy Quinn, het in ’n persverklaring bevestig dat hy Dinsdagmiddag by sy huis in Johannesburg gesterf het.

Sedertdien het  huldeblyke vir Johnny – wat ook as die Wit Zoeloe bekend staan – in sosiale media ingestroom.

Dis veral plaaslike musikante, wat al saam met Johnny gewerk het, wie se boodskappe hoendervleis gee.

DAVID KRAMER

Die sanger David Kramer beskryf Johnny "'n musikale baanbreker en kulturele aktivis wat as kunstenaar grense versteek het". 

“Gedurende die apartheidsjare het hy ’n voorbeeld gestel van wat ons in Suid-Afrika kan wees toe ons dit die meeste nodig gehad het. Hamba kahle (goed gaan),” skryf hy by ’n foto van hom en Johnny. 


ZOLANI MAHOLA

Die hoofsangeres van die internasionaal bekende Suid-Afrikaanse popgroep Freshlyground, was deel van die groep kunstenaars wat Johnny in Desember verlede jaar met ’n opname van sy lied, The Crossing, verras het.

“Ek is stomgeslaan, baie dankie! Dit is ’n ongelooflike oomblik vir my om te sien dat so baie van my portuurgroep erkenning gee aan die lied en sy sentimente – en dat hulle dit kan gebruik om iets wat baie groter as ons almal is te bevorder. Baie dankie,” het Johnny destyds in ’n Facebook-inskrywing oor die insiatief laat hoor. 

EMO ADAMS

Die musikant, grapjas en TV-aanbieder Emo Adams was ook een van die kunstenaars wat aan die opname deelgeneem het. 

Emo het die musiekvideo met sy 73 400 Instagram-volgers gedeel en skryf: “Wat ’n ikoon, wat ’n legende.”

View this post on Instagram

What An Icon What A Legend ~ Johnny Clegg ~

A post shared by emo adams (@emo_adams) on

FRANCOIS VAN COKE 

View this post on Instagram

RIP Johnny Clegg ????????????

A post shared by Francois van Coke (@francoisvancoke) on

JUANITA DU PLESSIS

"Dis so hartseer," het die sangeres Juanita du Plessis laat hoor. 

“My innige meegevoel aan sy familie en vriende: ’n ware legende,” skryf sy.

KAREN ZOID 

Vir die rocker Karen Zoid was hy nie net ’n leier, held en ’n nederige musikant nie, maar ook ’n vriend wat haar aan huis besoek het en saam met haar fietsuitstappies op Kaapstad se promenade geniet het. 

“Die plek gaan suck sonder jou en ons gaan vir ’n lang tyd hartseer wees, maar moenie bekommerd wees nie: Ek sal 'n ogie hou oor Jesse, Jaron en Roddy,” skryf sy. 

“Rus nou sag. Al my liefde en respek. Drukkies vir almal wat lief was vir hom.”

Johnny word oorleef deur sy vrou van die afgelope 31 jaar, Jenny, en hul twee seuns, die sanger Jesse en Jaron.

View this post on Instagram

Happy birthday dad! Love you so much ??

A post shared by Jesse Clegg (@jesseclegg) on