Esté en Lourens Rabé, die egpaar agter dié duo, het bekende stede soos New York, Memphis en Washington, DC, besoek en’n nostalgiese reis deur Amerika se musiekgeskiedenis geneem.

Lourens en Este
Voor Sun Studio in Memphis waar musieklegendes soos Elvis en Johnny Cash liedjies opgeneem het. Foto: Verskaf

Die paartjie het onder meer die koning van ruk-en-rol, Elvis Presley, se graf op die Graceland-landgoed in Memphis besoek.

Louerens by Graceland
By Elvis Presley se graf in Memphis, Tennessee. Foto: Verskaf

In dié stad in Tennessee kon hulle ook die eerste keer die geskiedenis agter bluesmusiek werklik in konteks verstaan.

Lourens
Beale Street in Memphis, die tuiste van bluesmusiek, was vir Lourens as musikant beslis ’n hoogtepunt. Foto: Verskaf

“Ons het in totaal omtrent 40 bands in soveel verskillende genres sien speel,” vertel Esté.

“Die reis het ook nuwe musiek geïnspireer.”