Die Getroud met Rugby-aktise Christel van den Bergh en haar man, JP van der Merwe, kuier saam met Amalia Uys, San-Mari van 7de Laan en Margot van Binnelanders, en haar wederhelf, Shaun Golding, in Italië.

Die twee aktrises is groot vriendinne. Christel was verlede jaar ’n strooimeisie op Amalia se troue, terwyl Amalia in 2016 ’n strooimeisie op Christel s’n was.

Dit lyk asof hulle nie genoeg van Toskane se kuns, geskiedenis en onvergeetlike landskappe kon kry nie – om nie eens te praat van die heerlike kos nie!

Hulle het San Gimignano, ook bekend as die stad van torings, besoek. Die pragdorp is beroemd vir sy argitektuur en torings wat dateer van die Middeleeue, toe adellike families ’n toring gebou het as ’n simbool van hul status.  

Hulle het die die dorp se hoogtes uitgeklim vir ’n uitsig oor die Toskaanse wingerde en heuwels. Op die geskiedkundige dorpsplein het hulle ’n koppie koffie geniet.

San Gimignano ?? @shaungolding #tuscany #hoogtevrees??

A post shared by Amalia Uys (@amaliauys) on

Christel was selfs dapper genoeg om ’n balanseertoertjie op een van die dorpie se hoë mure uit te voer.

Ná San Gimignano was daar ook tyd om die alombekende Skewe Toring van Pisa te besoek. 

There's it! #towerofpisa????

A post shared by Christel van den Bergh (@christelvdbergh) on

En wat is nou lekkerder as verrassings?

Christel het op Instagram geskryf hulle het op die ingewing van die oomblik besluit om die Italiaanse hawestad Livorno te verken.

“Dit was so ’n puik besluit. Wat ’n pragtige, kleurryke stad. ’n Kaleidoskoop van verskillende style en argitektuur, oud en modern.”

Van een kleurryke dorp is hulle na die volgende met ’n besoek aan Cinque Terre se skilderagtige vissersdorpies. 

"Geen foto of beskrywing kan verduidelik hoe mooi hierdie plek is nie," het Christel laat hoor.