“Ons is baie bly om te sê dat Keira O’Neal Anderson op 27 September by ons aangesluit het,” het dié twee meter lange tennisspeler Woensdag aanlyn bekend gemaak. 

Hy het ’n foto van die skattige Keira in ’n pienk babapakkie en ’n foto saam met sy vrou, Kelsey, saam met die inskrywing gedeel. “Kelsey, jy is ongelooflik. Ek is lief vir jou,” het hy by die foto geskryf. 

Maar dit lyk of Keira ’n paar dae vroeg haar opwagting gemaak het, want Kelsey het in Julie op Instagram aangekondig dat hul dogtertjie in Oktober verwag word.

View this post on Instagram

Excited to share our happy news ????????

A post shared by Kelsey O'Neal Anderson (@kelseyoanderson) on

Kelsey het self ook die fraaiste foto van hul eersteling op Instagram gedeel om haar geboorte aan te kondig. 

Kevin en Kelsey, wat ook aan die Universiteit van Illinois in Amerika studeer het, is in 2011 getroud. Hulle reis gereeld agter tennistoernooie aan, maar woon in Florida. 

Sy was self ’n kranige sportvrou en het op die gholfbaan uitgeblink. Sy het egter haar eie loopbaan laat vaar om vir Kevin te ondersteun. 

View this post on Instagram

While I wish every day celebrated the extraordinary achievements of women and girls in sports, it’s still pretty great to have this special date in February for the National Girls and Women in Sports day. Throwing it all the way back to my college days with this @illiniathletics pic! I was super fortunate growing up that my parents encouraged and fostered my athletic development. Playing golf not only taught me invaluable lessons, but also helped me to build confidence, understand my body, form lifelong friendships, and most importantly make lasting memories that I will cherish forever. It’s great that boys are encouraged to pursue these activities at both an amateur and professional level, but often we fail to offer the same opportunities and encouragement to our daughters. I can’t help but feel that, even in 2019, we can do better. Female athletes have been some of the most inspiring and trailblazing figures of our times, and I’m proud we have this very special day of recognition for girls and women in sport! ????????‍?? • • • • • #sports #nationalgirlsandwomeninsportsday #athlete #womenssports #womenssportsfoundation #strength #women #feminist #woman #feminism #thefutureisfemale #girlscandoanything #girlssports #sporty #golfgirl #collegegolfgirls #golfforlife #femaleathlete #femaleathletes #femaleathletesrock #sportforall #wsf #illini #NGWSD #leadherforward

A post shared by Kelsey O'Neal Anderson (@kelseyoanderson) on


Kevin herstel tans van 'n onlangse knieoperasie en sal nie vanjaar weer op die tennisbaan te sien wees nie, het Netwerk24 onlangs berig. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.