Joe Foster verskaf suurdeegbrood aan restaurante e
Joe Foster verskaf suurdeegbrood aan restaurante en kafees in en om Knysna. Foto: Verskaf

Toe die coronakrisis almal se lewe op sy kop keer, het hulle gevoel: “Dis nou of nooit!”

In November vier die paartjie hul eerste huweliksh
In November vier die paartjie hul eerste huweliksherdenking. Foto: Verskaf

Joe en Ziech, soos hy sy man noem, het vlak 5 van die inperking in Brenton-on-Sea naby Knysna deurgebring en net daar besluit om hul lewe in Gauteng op te pak en op dié kusdorpie te kom nes skop.

“Ek het ’n ongelooflike passie vir suurdeegbrood bak, en ek het toe besluit om tydens vlak 5 suurdeegbrode vir die gemeenskap te begin bak om myself besig te hou,” sê Joe.

Joe lewer tussen 80 en 100 brode per dag. Foto: Ve
Joe lewer tussen 80 en 100 brode per dag. Foto: Verskaf

Kort voor lank het hy The Sourloaf-bakkery begin, terwyl Ziechfried teruggevlieg en ’n paar maande alleen in Pretoria gebly het terwyl hy hul eiendomme in Gauteng in die mark gesit het. Die twee het onlangs eindelik herenig op die dorpie waar Joe sy lyf bakker hou.

Joe se man, Ziechfried, sit ook hand by en bestuur
Joe se man, Ziechfried, sit ook hand by en bestuur die onderneming saam met hom. Foto: Verskaf

“Ons spesialiseer in verskillende suurdeegbrode en kan nou tussen 80 en 100 brode per dag lewer,” vertel hy opgewonde. “Ek het al baie hard in my lewe gewerk, maar nog nooit so hard nie.”

Hy het nog altyd ’n passie vir suurdeegbrood gehad
Hy het nog altyd ’n passie vir suurdeegbrood gehad. “En ek kan dit doen terwyl ek op die see uitkyk, walvisse sien en ’n nuwe avontuur saam met my man kan geniet,” vertel Joe oor hul lewe op Brenton-on-Sea. Foto: Verskaf

Hoewel sy bakkery hom baie besig hou, is dit beslis nie die einde van sy sangloopbaan nie.

“Ek maak weer die inspirasie-glasie vol sodat wanneer ek binnekort weer musiek uitreik, dit liedjies is wat my en die luisteraars sal roer.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe