Die kleinding heet Pieter David, want Pieter se pa is David en sy vrou, Yolandi (36), se pa heet ook Pieter.

“Alles is perfek,” voeg pa Pieter by oor die seuntjie wat die skaal op 3,84 kg laat trek en sy moeë mamma. “Ons is geseënd.”

Foto: Facebook.
Foto: Facebook.

Die paartjie se eersteling, die 22 maande oue Alexei, het ook al kom inloer en kan nie uitgekyk raak aan haar nuwe boetie nie.

“Dis stunning en amazing om nou ’n seuntjie te hê om saam mee vis te gaan vang en gholf te speel,” sê Pieter opgewonde.

Het hy al vir hom iets gesing soos Blomme of Lewe Met Jou? Pieter lag. “Ek dink nie hy kan lekker hoor nie. En sy ogies is nog toe.”

Dis ook nog te vroeg om te sê na wie lyk hy, vertel Pieter. “Dis opwindend om te sien hoe hy gaan lyk as hy groter is.”

Foto: Facebook.
Die sanger Pieter Smith saam met sy swanger vrou, Yolandi, en hul 1-jarige dogtertjie, Alexei. Foto: Albert Bredenhann van Pixel Pro Phototgraphy.

Dit is omtrent ’n bedrywige tyd in die Smith-huishouding. Hulle is nie deesdae net ’n gesin van vier nie, Pieter en sy vrou, Yolandi, vier ook op 28 November hul derde huweliksherdenking.

Pieter het die nuus van hul seuntjie se koms op Facebook aangekondig. "Baie welkom Pieter David," het hy op Facebook geskryf. "Ons is baie geseënd...Hoop jy het jou eie kredietkaart saamgebring die keer," het hy geskerts. Aan sy vrou het hy geskryf: "Geluk Yolandi Smith! Jy was baie braaf!"