Corlea Botha. Foto: Verskaf.
Corlea Botha. Foto: Verskaf.

Al het die coronakrisis ’n wurggreep op die vermaakbedryf gehou, het die skuif na vlak 1 van die inperking dit weer moontlik gemaak vir konserte om eindelik stadig maar seker te hervat.

Maar dit is nie al rede hoekom Corlea so breed glimlag nie. Die sangeres het onlangs drie foto’s van haar en ’n man aan haar sy op Instagram gedeel.

View this post on Instagram

Joy. Love. Happiness. Jy maak my hart bly! ?? @jdmars1

A post shared by Corlea (@corleab) on

En wie is die man wat so verlief aan haar sy pryk? Dis niemand anders nie as die sanger Juandré Marais.

Joy. Love. Happiness. Jy maak my hart bly!” skryf Corlea by die oulike Insta-kiekies van haar en Juandré.

Juandré het beslis dié liefdevolle sentiment gedeel. Hy het dieselfde drie foto's ook gedeel en daarby geskryf: “Naweek bakgat lekker vibes saam my gunsteling."  

Corlea, wat voorheen deel was van die musiekduo Ons Lieflinge, lyk beslis smoorverlief. Aanhangers van die twee musikante sal maar moet wag en kyk of hulle in die toekoms ’n duet vrystel. 

Corlea is een van talle bekendes, onder wie die sanger Ivan Roux en die akteur Arno Greeff, wat tydens die inperking ’n nuwe verhouding kon koester.

Corlea het by navraag aan Huisgenoot laat weet dat sy nie nou verder oor die verhouding wil uitbrei nie.

Juandré, wie se diep growwe stem aan die sanger Theuns Jordaan herinner, sal moontlik nou ’n spesiale iemand hê waarvoor hy sy treffersnit, “Vir my is daar net jy” kan sing.

“Vir my is daar net jy, jy is beautiful, jy is als en meer vir my . . .” lui die refrein.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op FacebookTwitterInstagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe