Die geleentheid is die afgelope naweek in Pretoria-Oos gehou en die tema het "pienk, goud, ’n bietjie Disney en prinsesse gehad", vertel Irene-Louise aan Huisgenoot. 

irene-louise van wyk,sangeres,ooievaarstee
Die sangeres is nou 34 weke swanger. Foto: Verskaf

Die sangeres, wat nou 34 weke swanger is met haar en manlief, Nicholas du Preez, se eersteling, het gestraal in ’n pienk blommerok met ’n bypassende blommekroon. 

irene-louis van wyk,sangeres,ooievaarstee
Die sangeres se eersteling gaan Kelsey heet. Foto: Verskaf

Sy was omring deur 35 van haar naaste vriende en familie, wat aan die eetgoed weggelê het. 

Oral was pienk ballonne en selfs ’n pienk koek met ’n goue kroon, net reg vir ’n klein prinses.

irene-louise van wyk,sangeres,ooievaarstee
Die koek is deur Coco Vanillafoods gebak. Foto: Verskaf
irene-louise van wyk,sangeres,ooievaarstee
Foto: Verskaf

Volgens die sangeres het sy "ongelooflik baie geskenkies gekry".  

Die egpaar het voorheen aan Huisgenoot vertel dat hul eersteling, ’n dogtertjie, Kelsey gaan heet. 

irene-louise van wyk,sangeres,ooievaarstee
Die ooievaarstee het ’n tema van pienk, goud, ’n bietjie Disney en prinsesse gehad. Foto: Verskaf

“Ons het na ’n paar name gekyk – my gunsteling-countrysangeres se naam is Kelsea Ballerina - en ek het nog altyd van die naam Kelsea gehou,” sê Irene-Louise. 

Toe Nicholas ook van dié naam hou, het hulle dit ’n bietjie aangepas na Kelsey. 

irene-louise van wyk,sangeres,ooievaarstee
Volgens Irene-Louise het sy die oulikste geskenkies gekry. Foto: Verskaf
irene-louise van wyk,sangeres,ooievaarstee
Foto: Verskaf

Hoewel hul dogtertjie op 10 September verwag word, sê die sangeres die kleinding kan haar opwagting dalk vroeër maak.

“Ons tel die dae af. Sy gaan dalk vroeër kom, so ons weet nie eintlik presies wanneer dit gaan wees nie, maar dis binnekort,” vertel sy opgewonde. 

Sy sien al haar lewe lank uit daarna om ’n ma te wees, vertel sy. 

View this post on Instagram

??????

A post shared by *?* ?????-????S? ??? ??? *?* (@irene__louise) on

“Ek is opgewonde om te sien hoe sy lyk. Ons het nou al op 'n skandering gesien dat sy my neus en my man se lippe het - en sy gaan baie hare hê.”

Die sangeres bedank

Cinderella Castle Backdrop - Digital Splash

Rokkie - Tarien Cronje van Kyna Consili

Kesley Ballon - Balloon Boutique sa

Koekies & Koek - Cocovanillia foods

Cakepops - Dainty Delights

Foam Rose Bear - Forever Bear & Co