“Dit was nie ’n maklike pad nie, maar Anthony het my deur my seer, vrese, depressie, terugslae in my lewe en loopbaan bygestaan,” vertel die sangeres aan Huisgenoot

Die paartjie het mekaar op ’n fees in September 2017 ontmoet en ’n jaar later verloof geraak. Karlien en Anthony was albei al voorheen getroud. Sy noem hom haar beste vriend.

karlien husselman,sangeres,troue
Die sangeres Karlien Husselman op haar groot dag. Foto's: Verskaf

Om Anthony eindelik haar man te noem was vir haar ’n hoogtepunt, sê Karlien, wat beeldskoon gelyk het in ’n rok wat deur haar vriend ontwerp is. 

Hul groot dag is by die Snelbootklub in Benoni gehou en hulle het 90 gaste gehad. 

Die sangeres beskryf Anthony as haar beste vriend. Foto: Verskaf
karlien husselman,sangeres,troukoek
Karlien en Anthony se troukoek. Foto: Verskaf

“Ons het albei in die verlede baie seergekry en toe hy my een aand vasdruk en ek die heilige gees voel wat ons omring, het ek geweet hy is van God gestuur,” sê sy. 

Karlien en Anthony se drie kinders uit hul vorige huwelike was deel van hul gevolg. 

karlien husselman,sangeres,troue
Karlien se trourok was 'n trougeskenk van haar vriend. Foto: Matassia Photography

Anthony se twee seuns, Diano (4) en Dianté (6), was die hofknapies en Karlien se dogtertjie, Karlishé (4), die ringdraer.

“Karlishé, Diano en Dianté het elkeen ’n ring ontvang om deel te wees van ons driehoek en beloftes met God.

karlien husselman,sangeres,troue
Die egpaar se spruite was deel van hul gevolg. Foto: Verskaf

“Dit was emosioneel vir hulle en selfs die gaste het saam met ons gehuil,” vertel sy. 

Vir hul wittebrood gaan Karlien en Anthony, wat in Vanderbijlpark woon, in Desember tyd saam met hul familie en die son, see en sand in Kaapstad deurbring. 

Die egpaar bedank: Onthaalplek/Spyseniering/Dekor - Accent on Functions; Kinderoppasser - Wedding Nanny SA; Alle grafiese ontwerpe - Met Liefde Ontwerp; Blomme - Candy Cart Creations; Kelners - Event Classic; Koek - Elz-Beth; Kolwyntjies - Cake by Shani; Water - Perfect Water; Laserwerk - Manifique; Naels - Licious Nails; Drukkery - Brand Tree; Gesigsbehandeling - Aesthetic  White Lies; Kosborde - Pmpc; Lint - Copper moon ribbons; Aperture photography; Victor tents