Bazzi, sy verhoognaam, is eintlik sy van. Die 21-jarige sanger se volle naam is Andrew Bazzi en hy het in Kenton, Michigan, in Amerika grootgeword.

Hy was ses jaar oud toe hy tydens ’n talentkompetisie by die skool die eerste keer in die openbaar op­tree met ’n liedjie, Rock with Me, wat hy self geskryf het. Hy skryf vandag steeds sy eie ­liedjies.

Taylor ♥ hom

Die Amerikaanse sangsensasie Taylor Swift is ’n aanhanger van Bazzi.

In Februarie vanjaar het Taylor op haar Spotifyprofiel Bazzi se liedjie Mine boaan haar lys geplaas van “Liedjies waaroor Taylor mal is”.

“Dit was baie cool. Taylor is ’n sangeres wat ek baie respekteer – sy is ’n ongelooflike liedjie­skrywer en sakevrou,” sê Bazzi.

Partytjie-idee

Die sanger was op ’n swembadpartytjie in Los Angeles toe die melodie vir ’n liedjie, Mine, in sy kop kom.

“Ek het ’n visioen gehad van hoe die res van die liedjie moes lyk.”

Twee dae later het hy die liedjie opgeneem en ’n maand later is dit uitgereik.

View this post on Instagram

xx

A post shared by bazzi (@bazzi) on

Filter

Sy deurbraakliedjie, Mine, is in Oktober 2017 uitgereik. Maar dit het eers vroeër vanjaar gewild geraak toe die multimediaboodskap-app Snapchat die liedjie by een van sy ­filters gebruik.

Hierna het dit soos ’n veldbrand op die internet versprei en selfs tot nommer 11 op die Amerikaanse Billboard Hot 100-­trefferlys geklim.

Pragtig

Sy debuutalbum, Cosmic, was in April vanjaar op die rakke.

Sy nuutste liedjie, Beautiful, saam met die ­gewilde Kubaans-­Amerikaanse sangeres Camila Cabello, is omtrent ’n oorwurm en ’n gunsteling op trefferlyste. Hy is ook vanjaar vir ’n MTV Video Music Award vir beste nuwe sanger benoem.

BRONNE: BILLBOARD.COM, USATODAY.COM, HOLLYWOODLIFE.COM; FOTO'S: GALLO IMAGES/GETTY IMAGES