Die Namibies gebore model – wat gekiek is terwyl sy haar jongste dogter vertroetel – het al erken hoewel sy ná haar eersteling se koms met nageboortelike depressie gesukkel het, was dit makliker om haar lewe te hervat ná haar jongste se geboorte.

Behati span uit
Foto: Realtime Images/Mega

“Ná die tweede een het alles veel makliker gevoel; dit was vir my makliker om te oefen en borsvoeding was makliker,” vertel die 30-jarige.

‘Ek hou werk nou informeel – dis moeilik om ’n ma te wees’

Behati het in Desember verlede jaar ’n triomfantelike terugkeer na die Victoria’s Secret-loopplank gemaak. Sy het gesê sy probeer nou op moederskap fokus, maar dit het tog goed gevoel om weer viets en fiks te word.

View this post on Instagram

MERRY XMAS. ????

A post shared by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

“Ek hou werk nou baie informeel en probeer nie oral wees en wys ek’s ‘terug’ nie – dis moeilik om ’n ma te wees,” sê sy.

“Ek het die Victoria’s Secret-vertoning gedoen agt maande nadat ek Gio gehad het. Ek het bemagtig gevoel. Ek het gedink: ‘Ek kan dit doen; ek het twee kinders.’Dit was ’n pragtige reis; ek het gehou van swanger wees en dit was lekker om weer te begin werk.”