View this post on Instagram

So this happened ... pose off comp ???? obviously @siya_kolisi_the_bear won ??

A post shared by Cobus Reinach (@cobus.reinach) on


Cobus Reinach, een van die Bokke se drie skrumskakels en sterspeler vir die Engelse klub Northampton Saints, het Woensdagaand ’n foto gedeel van die manne wat lekker gekskeer sonder hul hemde. 

“Siya (Kolisi) het natuurlik die kompetisie gewen!” skerts Cobus by die foto.

View this post on Instagram

Yakiniku didn't disappoint.

A post shared by Cobus Reinach (@cobus.reinach) on

In dié foto toon die sexy Siya, met sy gebulde arms, die selfvertroue van ’n trotse Springbokkaptein wat brand om die beker huis toe te bring. En as mens die rye sespakke so kyk is dit duidelik dié klompie aantreklike spelers is almal topfiks en reg om vir Japan die stryd aan te sê. 

Die Springbokke was die eerste span om in Japan aan te kom en speel Vrydag ’n opwarmingswedstryd teen dié span. Dit sal die tweede keer wees wat die twee spanne kragte meet. 

Indien die Bokke dié wedstryd wen, sal dit tegnies die eerste keer wees wat hulle Japan verslaan. In 2015 in Engeland het die Bokke se nederlaag teen Japan die rugbywêreld geskud en dit word steeds gesien as die grootste skok in rugbygeskiedenis.  

Dit is albei se laaste wedstryd voor die toernooi amptelik op 20 September met ’n wedstryd tussen Japan en Rusland in Tokio afskop. 

  • Die wedstryd tussen Suid-Afrika en Japan begin Vrydagmiddag om 12:15.