Nou span die talentvolle aktrise en Vir die Voëls-ster Simoné Nortmann alte lekker met haar man, die entrepreneur Andries Pretorius, in Bali uit vir hul wittebrood.

"Mnr. en mev. Pretorius,” het Simoné by ’n foto van hulle in ’n vliegtuig laat hoor waar sy na die trouring aan Andries se vinger wys. En gelukkiger kan dié tweetjies nie lyk nie.

Op die Indonesiese eiland lyk dit of die pasgetroudes nie ’n enkele bekommernis in die wêreld het nie. 

Soooo beautiful!” skryf Melinda Bam by een van die wittebroodsfoto's. Die voormalige Mej. Suid-Afrika, wat self gereeld op tropiese eilande uitspan, verseker Simoné en Andries dat hulle die "wonderlikste tyd" gaan hê. 

By ’n selfie van die paartjie skryf Simoné (28): "Ek het getrou met ’n impulsiewe swerwer. Wittebrood is een spontane avontuur saam met jou."   

Simoné, wat deesdae as suster René Spies in die hospitaaldramareeks Binnelanders te sien is, het op Saterdag 23 Februarie ewige trou aan Andries beloof nadat hulle in Oktober verloof geraak het.

"Ek het die een gevind vir wie my siel lief is,” skryf Simoné by ’n troufoto. Sy straal in haar spierwit trourok deur Suné Snyman Design terwyl Andries haar liefdevol op die voorkop soen.

View this post on Instagram

Water palace at #tirtagangga ?? @fombrand

A post shared by Simoné Pretorius (@simonenortmann) on

"Dis die ongelooflikste gevoel in die wêreld om eindelik mev. Pretorius genoem te word . . . ek kan dit amper nie in woorde beskryf nie,” het Simoné aan Sarie vertel. "Dit was een van die lekkerste dae van my lewe. Ons het nog tot drieuur die oggend op die dansvloer gedans!"

Die troue het gewemel van plaaslike bekendes en Donnalee Roberts en Ivan Botha, die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar man, Joe Breytenbach, en die akteurspaar Mila Guy en Beer Adriaanse was onder andere op die gastelys.

“Ek kan nie die uiterste geluk beskryf om in die middel van God se wil vir my lewe te wees nie,” het Simoné op haar troudag by ’n kinderfoto van haar op Instagram geskryf. “Oorweldig deur almal se liefde, opgewondenheid en beste wense.”

Ekstra bron: Sarie