Die paartjie, wat in Februarie vanjaar op die Lunikhy-wildplaas buite Bela-Bela voor meer as 100 afgehaak het, het foto’s van hul vakansie in die Britse hoofstad in die sosiale media gedeel. 

Dit blyk die paartjie se tweede reis oorsee te wees sedert hulle getroud is. Hulle het vroeër vanjaar op die Indonesiese eiland Bali vir hul wittebrood gaan uitspan. 

“Woon die eerste dag van die Robert McKee-storie seminaar by met my vrou," het Andries op Instagram laat hoor by 'n foto van hom en Simoné. "Dis vir baie redes spesiaal vir my. Dit is ongelooflik om te sien hoe my vrou haar roeping volg. Die manier waarop sy God vertrou met haar drome is nederig en onsagwekkend. Ek is dankbaar om langs haar te stap,” skryf Andries oor sy vrou van die afgelope byna agt maande. 

Nes haar man deel die aktrise, wat bekend is onder meer haar rol as die verpleegster René Spies in die hospitaaldramareeks Binnelanders, ook gereeld kiekies in die sosiale media waar hulle alte lekker koer. En dis duidelik dat die twee, wat in 2011 deur gemeenskaplike vriende ontmoet het, steeds smoorverlief is.

View this post on Instagram

Forever wedding date. ??

A post shared by Simoné Pretorius (@simonenortmann) on

“Julle is ’n besonderse paartjie,” het die sanger Heinz Winckler se vrou, Aletté-Johanni, by Andries se foto oor hul Londense besoek laat hoor.

“Ek bid regtig dat die Here jou altyd met daai siening en ondersteuning vir haar sal seën en dan ook so vir haar. Mag julle nooit ophou om God in julle huwelik te eer nie,” skryf nog een van Andries se volgers. 

Simoné, wat ook te sien is as die ernstige Jony Scholtz in kykNET-komediereeks Hotel, het ook foto’s van haar en Andries gedeel waar hulle die Londense strate invaar. Op hul eerste dag in die stad het sy geskryf: Het 40 minute per bus in die teenoorgestelde rigting gery en ons het eers toe ons halfpad in die Engelse platteland is besef ons gaan nie omdraai nie.

"Ons het goedkoop wegneemetes gekry, die bus teruggehaal, 'n paar onnodige kruideniersware gekoop wat ons beslis in ons gedeelde Airbnb-kombuis gaan vergeet en gaan uiteindelik 18:00 in die bed kruip. Nodeloos om te sê kry @andriespretorius_ dit steeds reg om kinderlik en in verwondering en opgewonde te bly met 'n honger, moeë en hoogs geïrriteerde vrou aan sy sy. Dankbaar om met 'n ewige optimis (wat die vrug van die Gees dra) te trou,” skryf sy. 

Van die aktrise se 125 000 Instagram-volgers het haar probeer gerus stel en skryf:  “Nou is jy in Londen!!! Dit met ons ook gebeur met ons eerste reis en my man vertel dit nog altyd oor.”

Dit gaan oor die avontuur, het nog een laat hoor. "Eendag gaan jy vir jou kleinkinders vertel van dit en dit gaan een awesome storie wees." Hierop antwoord Simoné: "Ons love die avontuur!"