Chrissy (32) het die skattigste video van haar 39-jarige man en hul twee kinders op Instagram gedeel. Die video wys hul tweejarige dogter, Luna, wat op haar pa se skouers rondklouter, terwyl hy hul piepklein baba wind help opbring.   

Die kleinman, wat Miles Theodore Stephens heet, het laatmiddag op 16 Mei sy opwagting gemaak. Die kort video is al meer as 12 miljoen keer op Instagram en Twitter gekyk en het kykers gaande gehad. 

Bahahahahaha

A post shared by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Aanhangers van die glanspaartjie moes egter twee keer kyk toe Chrissy ook onlangs ’n foto in die sosiale media deel waar sy skynbaar twee baba’s borsvoed. 

Die inskrywing by die halfnaakfoto klaar die verwarring op wanneer dit duidelik word dat die tweede baba eintlik Luna se pop is wat ook voeding moet kry.

Luna making me feed her babydoll so I guess I have twins now

A post shared by chrissy teigen (@chrissyteigen) on

Omdat nie almal van die foto gehou het nie, het Chrissy nare kommentaar daarop begin kry, berig Harper’s Bazaar.

Sy het op Twitter teen die aanmerkings uitgevaar deur te sê dat daar baie goed is in die sosiale media wat sy verdra omdat sy mense toelaat om hulself te wees.

Haar raad as jy nie van haar foto hou nie, is om te “kalmeer en net verby te hou”.

Tog het talle mense haar foto verdedig en haar poging bewonder om te wys borsvoeding is doodnormaal.

Bronne: Harpersbazaar.com, Usatoday.com