Juanita du Plessis

Die sangeres Juanita du Plessis is die jongste plaaslike bekende wat by TikTok aangesluit het. En Juanita beïndruk behoorlik met haar vingerdans. "Welgedaan!" het een van haar volgelinge laat hoor, terwyl nog een laat weet het: "Dis die coolste ding wat ek vandag gesien het."

View this post on Instagram

Hierdie #tiktok is iets wat jou nogal besig kan hou! ???? #lockdown #tiktok #gunshotchallenge?? #fingerdance #havingfun

A post shared by JUANITA DU PLESSIS ?? (@juanita_du_plessis) on

Juanita se nuwe album, Dis Tyd, het in Februarie verskyn. 

Franja du Plessis

Juanita se sangeres-dogter, Franja, deel ook graag video's op die app. 

Leah

Die sangeres en voormalige Boer soek ’n vrou-aanbieder het vir haar volgelinge ’n voorsmakie van haar nuwe musiekvideo vir die liedjie “Girl's Night” op TikTok gegee. In die video skeer Leah die gek en stap kastig by haar voordeur uit, maar wanneer sy haar voete buite die huis sit, hoor sy 'n polisie-sirene en haas haar dan weer in die huis in.

Leah is ook bedrywig op TikTok en het 'n video gedeel van haar wat doenig is in die kombuis. 

Angelique Gerber

Die televisieaanbieder en aktrise het reeds meer as 22 000 volgelinge op TikTok. In een video wat die ma van drie op die app gedeel het, wys sy haar danspassies op die liedjie "Funkytown".

View this post on Instagram

Crazy mom ??

A post shared by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

Sue Duminy

Sue en haar man, die oud-Proteakolwer JP Duminy, deel gereeld in die sosiale media video's van hul oefenroetines. En hulle raak omtrent kreatief!

Sue deel ook gereeld video's op TikTok. 

View this post on Instagram

Another day another @tiktok_southafrica ??????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on


Demi Lee Moore

Die sangeres Demi Lee Moore het op Instagram laat hoor sy is ook nou “een van daai”, met verwysing na die feit dat sy ook op TikTok gevind kan word.

Simoné Pretorius

Die Binnelanders-aktrise het op Instagram met haar sosialemedia-volgelinge gedeel sy speel fotograaf tuis. 

Aleit Swanepoel

Die geleentheidsbeplanner en televisieaanbieder Aleit Swanepoel het op sy amptelike Facebook-blad foto's gedeel van hoe hy op die agtste dag van inperking 'n tafel stileer het. 

Rassie van der Dussen

Soos menige ander sportster bly die Protea-krieketster Rassie van der Dussen besig deur tuisoefeninge te doen. 

Juan Boucher

Die sanger Juan Boucher se aanhangers kan op Instagram versoeke insit van liedjies wat hulle wil hoor, dan sing Juan die akoestiese weergawe daarvan. 

Kahn Morbee

Die hoofsanger van die musiekgroep The Parlotones het dié oulike video van sy seuns, Jaxon, Gus en Thom, gedeel wat hulself doenig hou met kryt. Tot die gesin se hondekind het in die pret gedeel. "Geen diere is seergemaak terwyl hierdie fliek geskiet is nie," het Kahn by die video laat hoor. "Om die waarheid te sê Tabasco het gedink dis die beste pamperlangsessie ooit." 

Lee-Ann Liebenberg

Die model en glansvrou Lee-Ann Liebenberg het foto's gedeel van haar man, Nicky van der Walt, en hul dogters, Gia en Bella, wat alte doenig is in die kombuis en besig is om sop te berei. "Dis lekker om ingeperk te wees saam met 'n (sexy) chef," het Lee-Ann laat hoor oor haar man se kookvernuf.

Siya Kolisi

Die Springbokkaptein bring sy tyd saam met sy kinders, Nic en Keziah, tuis deur. Pa en seun het groot pret gehad terwyl hulle legkaarte gebou het.

View this post on Instagram

Starting the day off right...♥?

A post shared by Siya Kolisi (@siya_kolisi_the_bear) on

Roxy Louw

Die model en beroepsbranderplankryer Roxy bied gratis jogasessies op Instagram aan. Roxy is die dogter van die oud-Springbok Rob Louw. 

View this post on Instagram

————————————————— I start each day with intent. I sit. I breathe. I feel. - Before addressing the world or reaching for my phone?? ————————————————— I then set an intention for the day ahead: - ??An intention can be a mantra like “I am strong””I am grounded” “everything is at it should be”. ??Some days I pray. ??Other days I dedicate my intention to someone else. ??Maybe even myself. This is entirely up to You ?? ————————————————— After setting my intention: ??I do this breathing exercise. ??I take “control” of my day by controlling my breath. - By doing so I control my emotions, anxiety and my reaction to the world. - ??This is super relaxing, energizing and empowering. ??We are in control of how we feel. We just need to take control of it ?? ————————————————— ??Come to a comfortable seat. ~Maybe placing a pillow under the butt. ?? Close the eyes and notice how you are feeling today. ??Observe what emotions come up. ~Noticing them. Then let them wash away like the ocean leaving the shore. ??Trusting that everything is going to be okay. ??Know that everything is the way it should be. ??Know that what you are feeling is absolutely okay. ~Let’s bring our awareness to our breath~ ??How can you direct your breath to relax abit more into your seat? ??Relaxing the shoulders. ??The belly. ??The neck ??The jaw.————————————————— Find me this week on IG Live for FREE yoga 9am Mon, Wed, Fri ?? - Just snap a pic, post it to your stories or wall and tag me with your location. ————————————————— Hope you enjoy! ?????? Namaste ???? ————————————————— ??: @iamsambarton ??: @wearpoly . . . #yoga #breathingexercise #selfcare #pranayama #selfcaresunday #onlineyoga #freeyoga #freeonlineyoga #doyogabehappy #namaste #yogateacher #salockdown #lockdown #yogaforstress #yogaforanxiety

A post shared by ???? ?? ??x? (@roxylouw) on

En Suid-Afrikaanse bekendes is nie die enigstes wat besig bly in die sosiale media nie. Kyk ook wat doen dié oorsese bekendes. 

Jessica Alba

Jessica Alba, die Hollywood-ster en ma van drie, deel gereeld video's van haar wat dans op TikTok.

Jason Derulo

Die sanger Jason Derulo, bekend vir die treffers "Mamacita" en "The Other Side", sing en dans om sy Instagram- en TikTok-volgelinge te vermaak. Tot 12 miljoen mense het op TikTok ingeskakel om hom regstreeks te hoor sing.

Hy span tot sy hond in vir oefensessies.

View this post on Instagram

Quarantine workout partner

A post shared by Jason Derulo (@jasonderulo) on

Leslie Jordan

Die Will & Grace-ster Leslie Jordan vermaak sy volgelinge in die sosiale media met sy skreeusnaakse video's.