Die popster Justin Bieber (24) is onlangs in die deelstaat New York in Amerika gesien waar hy helder oordag sy meisie, die model Hailey Baldwin (21), soen.

Die paartjie wat reeds in 2015 vir ’n tydjie uitgegaan het, het die tonge behoorlik laat klap deur in die publiek te koer en daardeur hul verhouding openbaar te maak.

Justin Bieber en Hailey Baldwin in Oktober 2017. Foto: Gallo Images/Getty Images.

Justin en Hailey het ook ’n tydjie afgeknyp om met hul aanhangers te gesels en foto’s te neem. ’n Ooggetuie het aan E! News gesê die paartjie het liefdevol opgetree en met mekaar geflankeer.

Chilling with the Beibs and Hailey... regular day in Brooklyn

A post shared by SwagGirlChee (@browngirl_chee) on

Justin en Hailey het Sondag hande vasgehou toe hulle by die Italiaanse restaurant Cecconi’s uitstap, berig Daily Mail. Verder is die tweetjies oor die naweek op verskeie plekke in New York gesien waar hulle mekaar hartstogtelik gesoen het.

Dit beteken die kans is goed dat Justin en sy eksmeisie die sangeres Selena Gomez (25) moontlik nie weer binnekort hul romanse gaan aanwakker nie.

Volgens US Weekly het Justin en Selena einde verlede jaar weer begin uitgaan, maar het die verhouding in Mei op die rotse geloop. 

Love is love // @justinbieber @haileybaldwin ?? ????

A post shared by Jennifer Stephan (@jennifer_stephan) on

Hoewel talle aanhangers gehoop het Selena en Justin sal weer uitgaan, is dit sy ander eks, Hailey, wat weer sy oog gevang het.

“Ek het hom ontmoet toe ek baie jonk was en hy was een van my beste vriende,” het die dogter van die ster van The Usual Suspects Stephen Baldwin (52) erken.

“In ’n sekere sta­dium het dit in iets anders verander, maar dit gebeur net wanneer jy 18 of 19 is. Dit was wat dit was,” het sy verduidelik.

“Hulle het eindelik hul struwelings oorkom en hul vriendskap herenig. Hulle het besef hulle kan saam pret hê,” vertel ’n bron aan E! News. 

Hailey en en haar eks, Shawn Mendes, is laas by die Met-gala in Mei saam gesien.
Justin en Selena is laas met mekaar verbind toe sy in Maart ’n verjaardagboodskap aan hom op Instagram geplaas het. 

Die 21-jarige aktrise het erken hulle “het ’n taamlike ruk nie gepraat nie en dinge was vreemd” nadat hulle hul jong romanse verbreek het.

“Maar dit het albei van ons laat besef ons werk net baie beter as vriende. Nou is dit ’n baie volwasse situasie.”

Bronne: Eonline.com, Dailymail.co.uk, Usmagazine.com