Caroline Grace, wat veral bekend is vir haar deelname aan die tweede seisoen van die M-Net musiektalentprogram, The Voice South Africa, het onlangs in die sosiale media die geslag van hul eersteling bekendgemaak. 

View this post on Instagram

The most exciting journey! Ek op 14weke en 18weke... VANDAG 20weke.. Ons is #halfpad ??????_ _ #swanger #20weekspregnant #yeah #opgewonde #blessed #excited

A post shared by Caroline-Grace (@carolinebrussow) on

Caroline het in Augustus 2019 aangekondig dat sy 11 weke swanger is.

“Die beste nuus wat ek nog ooit gekry het!,” het sy destyds by ’n sonarfoto geskryf. 

Sy het in die weke daarna haar meer as 34 000 Instagram-volgelinge gevra om te raai wat die geslag van hul eersteling is. 

“Ons kry ’n klein Springbokkie. 26 weke swanger, ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie,” het sy eindelik laat hoor. Sy het die blye inskrywing gedeel saam met ’n foto van haar bababoep waarop ’n springbok geverf is.

Van die sangeres se Instagram-volgelinge was net so bly oor die goeie nuus. 

“Baie geluk, mag hy vir julle baie vreugde bring,” het een laat hoor. 

“Hoop hy is so ’n goeie rugbyspeler soos sy pa!,” sê nog een van haar aanhangers. 

Heinrich, ’n voormalige Springbok-flank, bly tans in die dorpie Northampton in Engeland, waar hy vir die plaaslike rugbyklub Northampton Saints uitdraf. Op haar beurt sing Caroline weer die plaaslike musiekbedryf aan die brand. 

Heinrich sal tot in Mei 2020 oorsee rugby speel en dan gaan die egpaar met hul kleinding in die Suid-Kaapse dorp George nesskrop.

Tot dan toer die sangeres die land plat en het sy ’n rits vertonings wat tot die einde van die jaar voorlê, het sy voorheen aan Huisgenoot vertel

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.