Mnr. en mev. Ludik het dit ewe romanties in Griekeland deurgebring.

“Ons eet nou ontbyt en kyk oor die eiland Mikonos se see uit – en dit is sprokiesmooi,” het Annelle, wat al rolle in 7de Laan en Binnelanders vertolk het, eksklusief oor hul wittebrood laat weet.

By ’n uitkykpunt op die eiland Santorini.

“Die see is so blou, ’n mens kan tot op die bodem sien.

“Ons het met ’n veerboot van Athene tot hier gevaar. Ek dink dis iets wat op almal se emmerskoplysie moet wees.”

Anelle teen ’n tipies Griekse agtergrond.

Stefan, sanger van die groep Elvis Se Seun en ’n sepieakteur, het vertel hulle swem, eet, bak in die son en geniet net die luilekker tyd.

En hoe is dit om getroud te wees?

Die wittebroodspaar steel ’n soen.

“Dis heerlik,” het Anelle laat hoor, terwyl Stefan droomverlore bygevoeg het: “Dis soos ’n sprokie.”