Schalk Bezuidenhout

Tussen al die skreeusnaakse video’s waarmee dié grapjas daagliks sy aanhangers op Instagram vermaak, het Schalk ook dié foto van hom as 11-jarige gedeel.

Foto: Instagram
Foto: Instagram

“Ek het vir hierdie weird look gegaan. Dit was Koos Kombuis ontmoet Westlife. Ek was ’n ou siel,” verduidelik hy in een van sy video’s.

Armand Aucamp

Wie is dié opgewonde klein knapie?

Foto: Instagram
Foto: Instagram

Die akteur Armand Aucamp het aan sy kinderdae teruggedink toe hy en sy ma, Petra, onlangs tydens die inperking vir sy virtuele konsert kinderstories voorgelees het.

Hy het toe dié foto van hulle saam op Instagram gedeel.

“Ons is steeds ’n baie hegte gesin,” vertel hy.

Neels van Jaarsveld

Die Fynskrif-akteur Neels van Jaarsveld het op 20 Junie sy 41ste verjaardag gevier deur dié kostelike foto uit sy kinderjare met sy aanhangers te deel.

Foto: Instagram
Foto: Instagram

Dit is amper net so oulik soos al die foto’s wat hy deesdae so gereeld van sy nuwe hond, Lulu, deel.

Riana Nel

Die sangeres Riana Nel het dié spesiale foto van haar as eenjarige saam met haar ma, Heletjé, op haar Instagramprofiel gedeel op wat haar ma se verjaardag sou wees.

Foto: Instagram
Foto: Instagram

Riana se ma is in 2012 tydens ’n rugoperasie oorlede. “ ’n Mens sal nooit ophou verlang nie,” skryf Riana by die plasing.

Bianca le Grange

Die sangeres en aktrise Bianca le Grange het tydens die inperking dié foto uit haar dae as leerder aan die Robertsham Primêre Skool in Johannesburg met haar Instagramvolgelinge gedeel.

Foto: Instagram
Foto: Instagram

Een aanhanger meen Bianca lyk “presies dieselfde. Al wat verskil, is die rooi lipstiffie.”

Francois van Coke

“Toe ek 15 was, het ek daarvan gedroom om in ’n band te wees,” het Francois onlangs op Instagram geskryf by ’n foto van hom uit sy jonger dae.

Foto: Instagram
Foto: Instagram

Min het hy destyds geweet hy gaan eendag ’n gewilde rocker en een van die grootste musieksterre in die land wees.

Elton Jantjies

Jare voor Elton Jantjies die Groen-en-goud oor sy kop getrek het, was daar geen sprake van die kenmerkende skewe kuif wat dié Springboklosskakel nou op die rugbyveld laat uitstaan nie.

Foto: Instagram
Foto: Instagram

Willem Botha

Die breë glimlag en blonde kuif is amper identies. Daar is geen twyfel dat die seuntjie wat so mooi vir sy gr. 5-klasfoto in 1998 poseer die sanger en fotograaf Willem Botha is nie.

Foto: Instagram
Foto: Instagram

“Net tande en ore,” het Willem ewe by dié Instagramfoto geskryf.

“En nog altyd baie cute!” het die TV-aanbieder en radio-omroeper Tracey Lange laat hoor. 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe