Die 67-jarige musikant het die helfte jonger gelyk as sy ouderdom toe hy onlangs in ’n swembroek op die balkon van ’n hotel in Miami verskyn.

Hy is in die stad om 44/876, sy album saam met die reggaemusikant Shaggy, te bemark.

Foto: Realtime/Mega.

Die twee musikante, wat deur ’n gedeelde liefde vir reggae bymekaargekom het, beweer hulle geniet dit om te sien hoe mense hul onwaarskynlike samewerking probeer begryp.

“Ek hou van die verrassing wat dit meegebring het toe ons ons verbintenis die eerste keer aankondig,” sê Sting, terwyl Shaggy (49) sê hy is dol oor “die uitdrukking op mense se gesig”.