Vir sommige, soos die Suidooster-akteur Dean Smith, is dit juis nou die tyd om weg te bly van die Kersfeespoeding.

Die 25-jarige akteur, wat Wade in dié kykNET-sepie speel, is al die afgelope ruk besig met ’n nuwe, gesonde leefstyl wat reg eet en 'n strawwe oefenplan insluit. Hy deel selfs op Instagram sy skreeusnaakse oefenvideo’s en video’s waarin hy gesond eet.

“Ek is nie erg motiveerd nie. Ek is baie lui, so ek het begin om my gesondheidsreis aanlyn te deel, omdat ek nie gemotiveerd is nie," vertel hy aan Huisgenoot. Ek het dit begin deel sodat ek myself kan forseer, want nou is daar volgelinge wat dit kyk en sal kyk of ek volhou met dié leefstyl.” 

Daar is nie juis ’n "inspirerende boodskap" agter sy nuwe gesonder leefstyl nie, grap Dean. “Ek is ’n vreetvraat, wat alles eet. Ek wou begin beter eet, want ek het so baie gewig opgetel. 

"Maar ek wou eintlik gewig verloor vir die strand en die Desember-vakansie. Dis hoekom ek daarmee begin het,” sê Dean. “Ek wou net lekker lyk by die strand,” grap hy. 

Hier vertel Dean en sy persoonlik afrigter, jodie24fit, van sy nuwe gesondheidsreis: 

Dean deel gereeld op Instagram foto's van sy gesonder leefstyl.

Die akteur en sy Suidooster-medester Gantane Kusch, wat dr. Siya Thuli speel, het onlangs aan 'n 5 km-wedloop deelgeneem.

Dean deel ook gereeld video's as sy snaakse karakter Wouter, wat tot sy lyf fiksheidsinstrukteur hou.



Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.