Die 21-jarige Katinka, wat deesdae die aanbieder is van die VIA-musiekprogram Klink soos naweek met JOOX, het die afgelope naweek by haar ouerhuis op Mosselbaai aan haar kêrel, Braam Weyers (21), verloof geraak. 

View this post on Instagram

Jy is al vir 1 jaar en 4 maande my klimraam. Jys n legend jys n rots jy is my safeplace. Vrekken lief jou stukkend ??

A post shared by Katinka (@katinkadiekat_official) on

“Ek het dit 50 persent verwag, want ons het al daaroor gepraat dat ons in Desember gaan verloof raak, maar ek het nie presies geweet wanneer dit gaan gebeur nie. Ek was definitief stomgeslaan,” sê Katinka, wat verlede jaar op 19 die jongste deelnemer was aan Survivor South Africa: Philippines. Sy het die top-3 van die werklikheidsreeks gehaal.

View this post on Instagram

Die ultimate Maatjie om te hê ??

A post shared by Katinka (@katinkadiekat_official) on

Sy het later foto’s van die spesiale oomblik met haar 88 900 Instagram-volgelinge gedeel en skryf: “Ja ja ja ja en 100 keer ja. Ek is speechless! Kan soos nie wag om jou vrou te word nie.”

Haar verloofde, Braam, wat ook deesdae die besprekings hanteer van Katinka se onderneming, Katinka Productions, het daarna ’n kort video gedeel van hoe hy vir sy meisie van die afgelope jaar en ’n half die ja-woord gevra het. 

“Almal se vrae (oor wanneer hulle trou) het my aan die gang gesit. So opgewonde om die lewe saam met die beste mens ooit te doen. Vandag is my beste maatjie my verloofde,” skryf hy. 

Katinka het voorheen aan Huisgenoot vertel sy en Braam het mekaar in Stilbaai ontmoet toe Katinka, wat ook ’n video-en fotograaf is, genooi is om 'n bemarkingsvideo te doen vir lala, 'n program wat 'n oorbruggingsjaar vir jong mense in die dorp aanbied. Braam het toe as instrukteur by die organisasie gewerk.  

View this post on Instagram

Jy is die beste ding wat langs my kon staan in die plante

A post shared by Katinka (@katinkadiekat_official) on

“Die oomblik toe ek vir Braam sien, toe dink ek net jô! Daar was dadelik ’n vibe tussen ons wat almal kon optel. Maar ons het dit baie professioneel gehou,” het sy destyds vertel. Dié twee is sedertdien smoorverlief. 

Volgens die internetster gaan hulle in Mei volgende jaar trou, maar wil sy wil nog nie die presiese datum verklap nie.  

Baie geluk, julle!