Die bruilofviering het by haar ouerhuis op Stilbaai plaasgevind en sowat 50 gaste het in die vreugde kom deel. 

Suzette en haar ouers, Jeanne (74) en Piet (77).
Suzette en haar ouers, Jeanne (74) en Piet (77). Foto: Yolanda van der Stoep

Suzette en Mark Weston, ’n uitvoerende beampte in die bankwese in Johannesburg, het besluit om op 14 Desember 2019 stil-stil op ’n geheime bestemming in Mark se geboorteland, Nieu-Seeland, ewige trou aan mekaar te beloof.

suzette van der merwe,mej.sa,troue
Die gelukkige bruidspaar voor die luukse hotel waar hulle tuisgegaan het. Foto: Rachel Jordan van Two Little Starfish

Net twee gaste, Mark se pa, Wayne (78), en stiefma, Angela Jennings Weston (79), was by die intieme seremonie op die strand en was ook hul getuies.  

suzette van der merwe,mej.sa,troue
Sensueel op ’n swaai. Foto: Rachel Jordan van Two Little Starfish

Daar ver op Pink Beach op Nieu-Seeland se Noordeiland het Suzette asemrowend gelyk in ’n vloeiende ontwerperskepping deur Gerrit Pienaar in dieselfde helderpienk as die bougainvilleas by haar ouerhuis op Stilbaai. Ná hul troue het hulle twee weke lank in Nieu-Seeland wittebrood gehou.

Suzette se ouerhuis in Stilbaai.
Suzette se ouerhuis op Stilbaai.

Terug op eie bodem het die spesiale bruilofviering op 10 Januarie gevolg.

Die feesviering het ’n boeresjiek-tema gehad.

Suzette en Mark saam met Suzette se kinders, Grady
Suzette en Mark saam met Suzette se kinders, Graydon (20) en Skye (17). Foto: Yolanda van der Stoep

Vir die geleentheid was Suzette uitgevat in ’n sagte wit rok, wat ook deur Gerrit ontwerp is. 

“Dit was baie ontspanne. Die meeste mense was familie. Met die aankoms het ons vonkelwyn gedrink en oesters geëet. Daarna het borde wat kreun onder kos soos garnale en droëwors gevolg. Later het ons ook weggelê aan braaibroodjies met kaas en tamatie, slaaie, gebraaide filet en hoenderkerrie-kebabs. Van die nagereg-hoogtepunte was daar koeksisters, pepermenttert en klein meringues.”

Die tafels het oorgelaap van heerlike lekkernye.
Die tafels het gekreun van heerlike lekkernye. Foto: Yolanda van der Stoep

Die geleentheid is deur ’n ou skoolvriendin, Heidi-Mari Kennedy, van ShopFomo in samewerking met Wilinda Hanekom en haar span van Swier gekoördineer.

Die dag het 'n boere-sjiek tema gehad.
Die dag het 'n boeresjiek-tema gehad. Foto: Yolanda van der Stoep

Suzette se dogter, Skye (17), wat ook gestraal het in 'n skepping deur Gerrit, was die dag se seremoniemeester.

Suzette van der Merwe en haar twee kinders, Skye e
Suzette van der Merwe en haar twee kinders, Skye en Graydon. Foto: Yolanda van der Stoep

“Een van my kleinniggies het met ’n kitaar sommer so spontaan vir ons liedjies gesing," sê Suzette.

Haar pa, Piet van der Merwe, het vir hulle uit die Bybel voorgelees.

“Toe die volmaan later verskyn was my asem weggeslaan. Ons het tot ná middernag nog gekuier en gedans."