Die 29-jarige supermodel het haar ses maande van swangerskap gevier deur ’n naakfoto met haar groeiende boepie op Instagram te plaas.

In die foto bedek die Victoria’s Secret-model al die pertinente liggaamsdele terwyl sy haar sonbruin lyf met moederlike kurwes wys. Sy verwag haar tweede kind met haar jare lange kêrel, die Brasiliaanse model Hermann Nicoli.

A post shared by Candice Swanepoel (@angelcandices) on

Die Suid-Afrikaanse skoonheid het die eerste keer haar swangerskap in Desember aangekondig.

Die paartjie, wat al 12 jaar saam is, het ’n 16 maande oue seun, Anca. 

Sedert die groot aankondiging het die ma haar swangerskap met haar meer as 11,9 miljoen Instagram-aanhangers gedeel.

Bronne: TheSun.co.uk, Instyle.co.au, Harperbazaar.com, Elle.com