Dit was die tweede agtereenvolgende jaar dat die popster se huis in Rhode Island – waar groot Hollywoodsterre al gekuier het – leeg was op die groot dag; sy het die feestelike vuurwerkvierings ook verlede jaar oorgeslaan.

Pleks daarvan het Taylor (28) ’n welverdiende blaaskans geneem saam met haar kêrel, die Britse akteur Joe Alwyn (27). Hulle het ’n paar dae op die Turks- en Caicos-eilande deurgebring.

Taylor se jaarlikse partytjie op 4 Julie het ’n tradisie geword onder die room van Hollywood. Foto: Instagram.

Volgens ’n bron raak dinge tussen die twee ernstig en oorweeg Taylor dit “om nes te skop” in die noorde van Londen, waar Joe woon.

“Taylor is mal oor Engeland en hoe sy daar ’n betreklik normale lewe kan lei sonder om gesteur te word,” sê die bron.

star spangled blondies

A post shared by Gigi Hadid (@gigihadid) on

Iemand in die binnekring sê sy vermy die kollig in Hollywood nadat sy betrek is in bekgevegte met bekendes soos Katy Perry (33) en Kim Kardashian (37) – en nadat sy beskuldig is van ’n skyn-romanse in 2016 met die akteur Tom Hiddleston (37).

Maar al het Taytay die sterbelaaide partytjietoneel vaarwel toegeroep, het sy in ’n patriotiese bikini met rooi, blou en wit strepe gewys sy is lief vir haar vaderland.

In 2016 was Blake Lively, Ryan Reynolds (wat poseer het vir ’n effens ongemaklike foto met Taylor en haar destydse kêrel, Tom Hiddleston), die aktrise Ruby Rose en die modelle Cara Delevingne en Karlie Kloss onder haar beroemde gaste. Foto: Instagram.

Bronne: Cosmopolitan.com, Elle.com