En Jozaan en die nuwe man aan haar sy lyk dolverlief op Instagram.

Op een foto wat Jozaan met haar Instagram-volgelinge gedeel het, lyk dit asof die donkerkopman iets in haar oor fluister terwyl dit lyk of die blondine uitbars van die lag. 

Bewonderaars was omtrent die afgelope week opgewonde toe Jozaan die foto plaas. Sy was een van die laaste twee deelnemers in die eerste seisoen van The Bachelor SA wat in die eindstryd om die entrepreneur en model Lee Thompson se aandag meegeding het.

View this post on Instagram

. You are the best thing I never planned ♥?

A post shared by J O Z A A N ? D I G U E (@jozaandigue) on

Die borrelende prokureur van Centurion het net by die foto geskryf: “Jy is die beste ding wat ek nooit beplan het nie.” Daarby was ook ’n kriptiese rooi hartjie.

Jozaan wil niks oor die man aan haar sy verklap nie.

“Ek voel nog nie gemaklik om oor die verhouding te praat nie; ek dink dit is omdat my vorige verhouding so in die openbaar was,” het Jozaan (29) by navraag aan Huisgenoot gesê. Sy het benadruk sy verkies om haar privaat lewe in dié stadium nog privaat te hou.

Jozaan se teleurstelling met die donkerkopsakeman Lee Thompson (29) van Kaapstad is nog vars in talle kykers se geheue.

Talle het vir Jozaan duimvasgehou van die dag af toe Lee haar gekies het om op die eerste romantiese afspraak saam met hom te gaan. Al het Jozaan uit al 24 beeldskone en talentvolle vroue in die top-2 geëindig, het Lee eindelik die grimeerkunstenaar Gina Myers gekies.

Die verhouding tussen hulle het nie uitgewerk nie. Die blonde boerenooi en die Engelse Gina het wel hegte vriende gebly en Gina het by Jozaan se foto saam met die donkerkopman geskryf: “OMG, I love this!”.

Gina Meyers en Jozaan Digue
Gina Meyers en Jozaan Digue tydens die verfilming van The Bachelor.
Gina Meyers en Jozaan Digue is deesdae boesemvrien
Gina Meyers en Jozaan Digue is deesdae boesemvriendinne.

Nóg een van die mense wat Jozaan met drie rooi harte gelukgewens het, was die Durbaniet Bridget Marshall.  

Die reisagent Bridget (31), wat deesdae in Kaapstad bly, het met die tweede seisoen van The Bachelor vanjaar in presies dieselfde skoene as Jozaan voor Marc Buckner (36) gestaan. Nes Lee nie vir Jozaan gekies het nie, het Marc ten einde die mooie spraakterapeut, Marisia van Wyk (24), gekies.

Ook Marisia het op Jozaan se foto saam met die geheimsinnige man gereageer. "Jy verdien net die beste xx so so so bly vir jou," het Marisia laat hoor.

bridget
Foto's: Instagram/@bridge5m

Jozaan het aan Huisgenoot belowe dat mense nie te lank hoef te wag om te hoor wie die mooi man aan haar sy is nie.

“Ek sal nie sê ek sal nie in die toekoms gesels nie, dis net vir nou dat ek dit eerder uit die openbare oog wil hou.”

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe