Dis die dat ons nie genoeg kan kry van enige skattige foto's wat Kahn van hom en sy vrou, Candace, se oulike jongste spruite deel nie. Die paartjie het ook ’n seun Jaxon Milo, wat in 2015 gebore is.

Die tweeling is omtrent "waterbabas" –  soos hul pa hulle op Instagram beskryf. Die boeties het hulle gate uit geniet toe hulle onlangs vir hul weeklikse swem gegaan het en het boonop nog ’n massering ook gekry. 

Die sanger en The Voice SA-afrigter het kort voor Kersfees ook ’n soortgelyke foto gedeel toe die tweeling vir hul eerste swemklas gegaan het. Sy aanhangers het toe laat hoor hoe uitgeknip die twee hul pa is.

Nog nuuskieriges wou weet wat die kleingoed se name is. Khan het toe bevestig dis Gus Lennon en Thom Otis. Te oulik!

Kahn is duidelik ’n trotse pa en hou daarvan om gehaltetyd met sy kleingoed deur te bring.

Hy het ook al op Instagram ’n kiekie gedeel waar hy sy tweeling vir ’n uitstappie vat in hul stootwaentjie.

Praat van ’n raakvat-pa!

Ons kan nie wag om nog kiekies van die oulike kleingoed te sien nie!