“Is jy nou een van die Backstreet Boys,” skerts een.

’n Ander sê hy lyk soos Justin Bieber, en nog een vra: “Gaan jy nou vir die Stormers begin speel?”

Die sanger Arno Jordaan het ook besorg gesê: “Chom, ek hoop nie jy het die haarkapper aangerand nie. Jy ok, pella?"

Brendan Peyper, die sanger van die treffer "Sterk soos ’n leeu", het ook van hom laat hoor. “Ooh my donner,” het Brendan by die foto van Jacques se nuwe haarsnit op Instagram geskryf. 

En die Namibiese rugbyspeler Jaco Engels trek ook Jacques se been op die plasing. “Oh man, nou gaan die tannies kom klop hoor.” 

Die oud-Springbok Anton Leonard sê op die inskrywing: “Jy lyk nou nes ek.” Anton is 46 jaar oud en word geken vir sy grys hare. 

View this post on Instagram

So this happened yesterday #silverfox #oupsie

A post shared by Jacques Potgieter (@jacquespotgieter7) on

En wat dink Jacques se vrou, Angelique Potgieter, van haar man se nuwe kapsel? "Ek dink jy lyk so sexy!" het Angelique op Instagram laat hoor.

“Ons was by Gary Rom-haarkappers. Hulle was besig om vir my ’n kuif te sny en op die plek besluit Jacques hy is lus vir iets anders," vertel Angelique aan Huisgenoot.

Sy sê Jacques hou haar op haar tone, want hy sal gereeld iets impulsief doen. “Ek hou daarvan. Maar dit is ’n groot verandering. Dit voel of ek langs iemand anders wakker word soggens,” lag sy. 

Wat dink jy?

Jacques is nie die enigste bekende wat sedert haarsalonne weer oopgemaak het met ’n nuwe haredos spog nie. 

Hier is ’n paar ander glansmense wat ook nuwe foto’s gedeel het.

Blyde Smit

Die aktrise Blyde Smit, wat bes bekend is as die kelnerin Gabby in die sepie 7de Laan, het ’n foto van haar nuwe rooi haarkleur in die sosiale media gedeel. "After and before. A change of pace," het Blyde by die twee kiekies geskryf wat sy op Instagram met haar volgelinge gedeel het.

View this post on Instagram

After and before // A change of pace.

A post shared by Blyde Smit (@blydesmit) on

“Ek het gesmag na ’n verandering,” vertel Blyde aan Huisgenoot

“Ek het nog nie vantevore my hare gekleur nie, en ek wou aanvanklik vir ’n warmer bruin gegaan het, maar toe besluit ek om die meer daring choice te maak. Ek en Izelle Bodenstein (die haarstilis) by 7de Laan het saam besluit die rooi sal die groen in my oë uitbring.”

Foto: Juané Venter
Foto: Juané Venter

Blyde verklap ook dat sy nie kan besluit of sy meer van haar natuurlike haarkleur of die nuwe kleur hou nie. 

“Ek hou van die eenvoud van my natuurlike haarkleur, maar ek hou ook van hoe hierdie kleur my gesig en spesifiek my oë komplementeer,” sê sy. 

En haar Instagram-volgelinge stem duidelik saam. "Pas by jou, dit lyk baie mooi," het een laat hoor by die kiekies wat sy gedeel het. "Die kleur bring jou oë soveel meer uit," meen nog een.

Reandi Grey

Blyde se 7de Laan-medester Reandi Grey, wat bekend is vir haar blonde krullebol, het ook op Instagram foto’s van haar nuwe haarstyl gedeel.

“My haarfamilie is weer terug! Ek het julle gemis," skryf Reandi, wat Esti, die koffiewinkel Oppikoffie se bestuurder, in Hillside speel. 

Vicky Davis

Die aktrise en TV-aanbieder Vicky Davis was duidelik net so opgewonde om by die haarkapper uit te kom.

"Ek voel beter!" het die ma van twee laat hoor by 'n foto wat sy van haarself op Instagram gedeel het. "No more #curlupanddye by die huis," het Vicky geskerts. 

Willem Botha

“Flippet. Gaan nie jok nie. Ek was amper borselkop," het Willem Botha op Instagram laat hoor. Gelukkig maak die haarsalonne toe weer oop. Die sanger, wat ook sy lyf fotograaf hou, het foto's van sy ou en nuwe haarstyl met sy volgelinge gedeel.

Hy't verder sy haarkapper bedank wat hom "weer soos ’n mens laat lyk" het. “Wat dink julle? #KuifindieWind” het hy so ewe laat hoor. 

Willem se volgelinge het heelwat te sê gehad oor sy nuwe voorkoms. "Soveel beter," het een geskryf. "Ek het die before baie meer ge-like, maar die after lyk nie te sleg nie," het nog een geskerts.

Rolanda Marais

Die aktrise Rolanda Marais was in haar noppies met die eindresultaat nadat sy onder haar haarkapper se skêr was. "Loving this hair!" het Rolanda op Instagram geskryf by ’n foto van haar nuwe kapsel. 

“Die kuif is eintlik perfek baie reguit gesny.” 

Rolanda, wat tans aanlyn in die fliek Poppie Nongena op DStv BoxOffice te sien is, het vroeër vanjaar aan Huisgenoot vertel dat sy mal is daaroor om haar hare sy eie ding te laat doen. 

“Hoe minder ek hoef te faff, hoe beter,” het sy vertel.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe.