Die KFM-omroeper en Bravo!-aanbieder sê sy en haar kêrel het in 2016 vinnig deur Boedapest gereis en hul hart op die Hongaarse hoofstad verloor.

"Ons het gesê ons sal weer terugkom - en toe kom die geleentheid. My kêrel was toevallig die week met verlof voor hy sy nuwe werk begin," vertel Tracey aan Huisgenoot uit Boedapest.

Avukile was tot verlede week die groepbemarkingsbestuurder van die internasionale hotelgroep Marriot in Afrika en begin volgende week as strategiese direkteur vir ’n agentskap werk, sê Tracey.  

Aangesien sy en Avukile die wêreld platreis het hulle in 2016 ’n reisblog, Travul Diary, vir die pret begin waar hulle reiswenke en mooi foto’s deel. 

"Ons albei is gemaklike reisigers en saam is dit nog lekkerder," sê sy.

"Ons is ses dae hier. Ek het die eerste drie dae gewerk en tussendeur verken," sê Tracey, wat ook die geselsprogram Tussen Ons op kykNET & kie aanbied. 

View this post on Instagram

Budapest at night ?? by the Boyfriend @avukile

A post shared by Tracey Lange (@traceylange) on

"Boedapest is aangrypend, pragtig, magical! Ek dink dis hoe Parys was 100 jaar gelede. Almal is uiters vriendelik en behulpsaam. Dis so romanties!" vertel Tracey.

tracey lange,aanbieder,omroeper,budapest
Tracey beskryf Boedapest as "magical". Foto: Verskaf

Die paartjie het al onder meer by die warmbaddens uitgespan, die historiese Buda-kasteel van die Hongaarse konings besoek, op bootreise gegaan, opera geniet, heerlik geëet en eindeloos gestap, vertel sy.